16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Sy het dit op ’n subtiele manier uitgeterg – sy het kreatiewe energie losgeslaan, gekataliseer.” Sy onderbewuste

roep ’n gletser op. “Jy kom op ’n punt in jou skryfwerk waar jy sukkel, asof jy aan ’n gletser bly kap, en dan

skielik breek jy deur, sodat die pen begin skryf uit die onderbewuste en sy eie patrone maak.”

Die onderbewuste speel ’n sterk rol in Naudé se skryfproses en hy verwys dikwels daarna. “Dis die soeke

na opwinding wat my laat skryf. Die dwelm is die moontlikheid dat iets kan gebeur wat jou verras.” Ek

onthou dat hy ook daarna verwys het as: “Jy skryf omdat jy wil uitvind wat jy wil sê.”

Soos Naudé aan Rapport in die uitgawe van 17 Junie 2012 opgemerk het: “As mens skryf – vir my in elk

geval – ondersoek jy nuanses van menslikheid. Dis heeltemal ’n ander soort waardestelsel as dié waar dit

gaan oor geld.” Geen sepies of strooisages vir hom nie! Hy skryf wat hy graag wil skryf, dikwels in die anonimiteit

van hotelkamers, en daardie ruimte inspireer hom, moontlik omdat hy as skrywer afgesonderd wil werk, maar steeds

net duskant ’n stroom van menslike aktiwiteit wil funksioneer?

Die derde spoel handel oor Etienne, ’n 22-jarige dienspligontduiker wat in 1986 (toe die destydse eerste minister

van Suid-Afrika, P.W. Botha, ’n noodtoestand afgekondig het), in Londen verlief raak op ’n Boheemse Duitse

kunstenaar, Axel. Hy ontdek dan die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is en

hy begin obsessief na die ander filmspoele soek, veral wanneer Axel later vermis raak in Berlyn. Die leser ervaar

hierdie stad as ontmens met ’n muur wat mense en gemeenskappe wreed van mekaar skei.

Etienne beweeg dikwels van Oos- na Wes-Berlyn, soms ondergronds, waar stasies ontoeganklik en toegebou is of

deur soldate bewaak word. Daarna reis Etienne deur ’n doolhof van strate waarin hy sy soektog amper koorsig

voortsit. Maar dit word ook ’n soeke na identiteit – ’n sentrale motief in die roman.

“Tussen die beklemmende wêrelde van apartheid, die Thatcher-era en Oos-Berlyn, soek hy (Etienne) na ’n soort

ruimte wat vir hom ’n klein bietjie genade gaan bied.” Juis daarom is die ontmensde metropool, die doolhof van

die stad as ’n soort niemandsland, so belangrik. “Omgewing is ’n sterk teenwoordigheid,” beaam Naudé. “Dié

storie kan nét daar plaasvind. Die twee stede gee daaraan vorm.

“Wat Etienne en sy vriende glo in die tagtigs, is dat die wêreld, die toekoms, anders kan lyk. Dat mens vry kan lewe,

vryelik kan liefhê en kuns maak. Hulle is redelik naïef, gewaande jong revolusionêre. Dit is ironies hoe anders die

wêreld toe uitgewerk het.”

Hy dink. “Nou, vroeg in die 21ste eeu, is dit asof die Noordelike Halfrond klaar die 20ste eeu begin vergeet. In die

wêreld van Brexit (en nou Boris Johnson), en Trump en die nuwe polarisasie, asook ’n nuwe soort populisme, met

selfs die geur van fascisme wat begin deurskemer, is ’n ontstellend outoritêre klimaat aan’t broei.” Alles elemente wat

beslag in sy roman kry.

Maar tog loop rolprente soos ’n goue draad deur die roman. Is daar ook ’n romantiese element te bespeur aan die

uitrol en -trek van die film, wat dan teen die lig gehou moet word om die beelde raampie vir raampie uit te maak?

Dit herinner my aan my gevoel toe ek die roman amper filmies gelees het.

My ervaring was dat die roman deurgaans in sogenaamde Dutch tilts verfilm/vertel is. (Hier word die kamera effens

skeef gedraai om die kyker tegelyk te onthuts en uit hul gemaksone te neem en ’n toneel uit ’n ongewone perspektief

te wys.) “Terwyl ek daaraan gelees het, het dit vir my gevoel ek stort in suur, en dat elke brand my suiwer,” waag ek.

Naudé lag. Hy het inderdaad reeds verskeie sulke uiterste reaksies op sy werk gehad. Maar ek kry die indruk dat

elke reaksie hom nie alleen amuseer nie, maar verbly omdat dit so uiteenlopend is.

76

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!