16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Terwyl die techno-koppe hulle tiete af trip, slaap ek. Terwyl die geroesemoes van die stad uitgeblok word

deur die dubbel glasvensters, slaap ek. En as die son opkom in die oggend staan ek vars op en loop

met my honde deur die leë strate, want almal wat tot laat wakker was, slaap dan nog.

Ek glo vas alle Suid-Afrikaners, ongeag hul ekonomiese status, ly aan posttraumatiese stresversteuring.

En die enigste manier om dit te behandel is om nie in Suid-Afrika te bly nie.

Waar almal anders skynbaar Berlyn toe kom op soek na ’n 24-uur-lange partytjie, het ek rus en vrede in

die Duitse hoofstad gevind. Ek het hierdie rus en vrede gekry danksy die feit dat ek kan slaap. Siende

dat ek nou vir die eerste keer in dekades gemaklik kan slaap, het ek ook baie tyd om te dink. Wanneer

daar nie baie stres in jou lewe is nie, kan jy vryer dink. Sodra jou brein vir die eerste keer daardie blokkasie van vrees

verwyder, is dit verbasend waaroor jy alles kan dink en tot watter gevolgtrekkings jy kan kom.

Ek dink op die oomblik baie oor my Suid-Afrikanerskap en oor my Afrikanerskap en ek wonder hoekom ek so lank

daaraan vasgeklou het. Ek wonder hoekom dit so belangrik was vir my en hoekom dit so maklik was om daarvan

weg te loop.

For starters was ek nog nooit een vir nostalgie nie. Ek kyk vorentoe en nie terug nie. Die gereelde vraag uit Suid-Afrika

oor wat gaste kan saambring word altyd negatief beantwoord. Ek het niks nodig nie. Ek was nog nooit ’n biltong-,

blatjang- of bobotiemens nie.

Soos ek hier op my balkon sit en uitstaar oor die ou wêreld waarin ek my nuut bevind, wonder ek hoe ek vir so lank

die leuens kon glo wat aan my opgedis is. Dit is dat Suid-Afrika beter is as die res van Afrika en dat Afrikaans eintlik

’n goeie hart het.

Een ding kan ek jou sê, van hier af lyk dinge baie anders. Dis asof ek vir die eerste keer perspektief het, asof ek my

eie herkoms deur nuwe oë sien. Oë sonder gloukoom of katarakte. Die prentjie is nie ’n mooi een nie.

Met afstand en tyd lyk die werklikheid van Suid-Afrika elke dag net nóg skrikwekkender – dis ’n ondergrondse middelaarde

waar robotrowers jou dwing om jou motor se vensters toe te draai en opportunistiese sluipers, wat tussen

tronkvonnisse is, hul tyd op sypaadjies verwyl.

Ek dink ook aan die korporatiewe zombie sielesuiers wat jou leeg suip van idees en dan op straat laat beland. Suid-

Afrikaners laat my aan ’n giftige slang dink wat alles wil doodmaak wat te naby aan hulle kom. ’n Nydige emmer

vol krewe wat mekaar terug sleep in die holtes van Dante se dieptes om te keer dat die een beter vaar as die ander.

Ek dink ook aan die feit dat daar te veel mag in te min hande is, van die regering tot televisiestasies. Ek bekommer

my oor die hoë werkloosheid onder die onopgevoedes, maar ook aan die opgevoedes wat sukkel om werk te kry.

Die middelklas dra hul juk terwyl hulle aanhou hoop dat dinge beter sal word, maar steek hul duur rooiwyn weg vir

gaste omdat hul inkomste nie meer is wat dit was nie.

Die spelfoute wat regses daagliks in kommentare op die internet maak en hul dreigemente dat hulle gewelddadig

sal raak omdat iemand die voorbestaan van hul taal bedreig, is net amusant of lagwekkend as jy in Suid-Afrika is.

Van ’n afstand sien jy dit vir wat dit regtig is: die dreigement van ’n histeriese dier wat in ’n hoek vasgekeer is.

143

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!