16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die mooiste lirieke in Kaaps en ander dialekte verryk die taal en dié linguistiese

diversiteit onder moedertaalsprekers maak dit moontlik vir Afrikaanssprekendes van

verskillende agtergronde om mekaar se lewenservaringe – soos byvoorbeeld die

harde realiteite van die bendegeteisterde areas van die Kaapse Vlakte – op ’n

dieper vlak te verstaan. Histories het die werk van Taliep Pietersen en David Kramer

baie gedoen om die musiektradisies van bruin Afrikaanssprekendes te bevorder.

Die ATKV doen spesifiek baie werk onder Afrikaanse jongmense van verskillende

agtergronde om hulle te inspireer om liedjies in Afrikaans te skryf. Dit kan op lang

termyn mooi vrugte afwerp. Tog duur ou tendense voort. Tot ’n mate reflekteer

die Afrikaanse musiekbedryf die wyer kontoere van die Afrikaanssprekende

gemeenskap – die goed én die sleg. Wie is die gehore wat duur kaartjies by kunstefeeste en teaters kan bekostig?

Wit Afrikaanssprekendes het gemiddeld meer koopkrag en kan dit makliker bekostig om verskeie kunstenaars te

ondersteun deur óf hul musiek te koop, en/óf lewendige optredes by te woon. Dit maak die wit – en ja, dit is ’n

growwe veralgemening in ’n samelewing met baie fyn nuanses – segment van die Afrikaanse musiekmark sterker.

Sommige kunstenaars slaan munt daaruit deur juis hul wit identiteit deel te maak van hul bemarkingstrategie. En

dáárvoor was daar maar nog altyd ’n mark. Maar dinge verander. Kyk byvoorbeeld vir Emo Adams wat die nuwe

aanbieder is van Noot vir Noot.

So wat ís dan die stand van Afrikaanse musiek? Die veranderinge op tegnologiese vlak bied uitdagings, maar ook

geleenthede vir Afrikaanse kunstenaars. Solank daar belê word in die ontwikkeling van ’n wye verskeidenheid

jong talent, sal die bedryf die vrugte daarvan pluk. Die nuwe generasie sing hul lewenservaringe en dit is goed so.

Wat sou ek wou sien?

Ek hou reeds van wat ek sien. Laat die nuwe generasie doen wat hulle doen en laat diegene wat kan help, help.

Daar is oorgenoeg fantastiese nuwe Afrikaanse groepe en kunstenaars vir elkeen se smaak. Soos die wêreld

kleiner raak en grense afgebreek word, kan mens opwindende dinge verwag vir Afrikaanse musiek. Daar is geen

tekort aan talent nie en groot dinge is aan die kom.

150

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!