16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Met die einde van die apartheidsjare het die streng sensuur wat die

kultuurbedryf gereguleer het, verval, wat weer meer vryheid vir

kunstenaars gebied het. So ook het die aankoms van CD’s in 1992

gelei tot ’n oorvloed van Afrikaanse musiek. Veral vanaf die vroeë

2000’s het ons ’n merkbare groei in CD-verkope gesien, met ’n aantal

hoofstroom Afrikaanse kunstenaars wat elk honderde duisende eenhede

per CD verkoop het. Dink maar aan mense soos Juanita du Plessis – die

grootse vroulike kunstenaar tot dusver wat verkope betref – Kurt Darren

en Theuns Jordaan. Dit is myns insiens sekerlik die era in Afrikaanse

musiekgeskiedenis wat die meeste verkope gesien het. Daardie goue

golf het nou grootliks sy gang gegaan. Goudstatus is nou 15 000 waar dit eens 25 000 was, en bitter min

kunstenaars bereik byvoorbeeld dubbelplatinum-, of selfs net platinumstatus. Verder het die onlangse dood van

Piet Botha, wat vir soveel jare ’n vaderfiguur was vir alternatiewe kunstenaars, my weer herinner aan die jare

lange spanning tussen die hoofstroom en die rockers. Hierdie tweespalt is egter nie meer so eng nie. Kyk maar na

Francois van Coke en Karen Zoid, wat albei die hoofstroom betree het sonder om hulle klank enigsins te verander.

Terug na die huidige tegnologiese ontwrigting. Die veranderinge wat ons ervaar, kan dalk die grootste

omwentelings tot nog toe veroorsaak. Kunstenaars kan hul eie musiek die wêreld instuur sonder om staat te maak

op platemaatskappye. Enigiemand, insluitende jong kunstenaars, kan musiek opneem in hul kamers met vandag

se tegnologie, video’s goedkoop maak (selfs met ’n foon as jy baie kreatief te werk gaan), en dit op YouTube laai

(of net bloot op ander aanlynplatforms gratis deel) en só ’n gehoor bereik sonder om ooit op radio gespeel te

word. Ja, geld speel steeds ’n rol in produksie, maar dinge is veel meer toeganklik. As jy as kunstenaar slim te

werk gaan met sosiale media, raak jy basies jou eie vermaaklikheidskanaal met ’n aanlyn gevolg. Dit is so maklik

om via sosiale media jou gehoor op die hoogte te hou met waarmee jy besig is. Die dae is getel dat jy plakkate

moes druk en teen lamppale gaan opsit in die nag. Spoegwolf maak so opslae as ’n belangrike nuwe band. Die

eens berugte Fokofpolisiekar vier vanjaar hul 16de verjaardag en gaan van krag tot krag. Hulle het ook uitgebrei

op sakevlak en het nou ’n kroeg en hul eie bier. Dit wys vir ons dat die musiekekonomie moontlikhede bied as jy

weet hoe om jou openbare profiel goed te bestuur. Die beste voorbeeld van almal is sekerlik Die Antwoord, wat

as internetsensasie die grootste “Afrikaanse” (ek is dalk pedanties, maar die meeste van hul lirieke is in Engels)

musiekuitvoerproduk ooit geword het. Daar is vele ander kunstenaars – te veel om op die naam te noem – wat

goed aanpas met die veranderende tye.

Dit kan net goed wees vir Afrikaanse musiek. Veral as mens in ag neem die historiese beperkinge wat sommige

Afrikaanse musiekkunstenaars uitgesluit het. Daarmee bedoel ek Afrikaanse musiek in wat hulle “nie-standaard

Afrikaans” noem. Ná ’n lang en vele male hartseer geskiedenis van ras- en klasdiversiteit onder die mense wat

Afrikaans hul moedertaal noem, asook die politiek oor wat as standaard en nie-standaard geag is, behoort musiek

in álle weergawes van Afrikaans verwelkom te word.

149

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!