16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Uitnemendheid pasgemaak vir jóú behoeftes.

Dít is nie net die slagspreuk die Pretoriase prokureursfirma Grosskopf Prokureurs nie; maar onder

leiding van die firma se stigter, Johann Grosskopf, wil die dinamiese span hul kliënte dagin en -uit

met uitsonderlike diens, gesonde oordeel en professionele uitnemendheid bystaan.

“Reg uit die staanspoor, toe die firma in 2007 gestig is, het die firma se kultuur van diensgerigtheid

ons in staat gestel om, pleks van ‘eie gewin’, uitsluitlik op die behoeftes van ons kliënte,

plaaslik sowel as internasionaal, te fokus; om hulle uiters professioneel en uitnemend met hoogs

gespesialiseerde regsdienste tevrede te stel,” verduidelik Grosskopf en brei verder uit:

“Mens is op die regte tyd en plek, straks heel toevallig, maar jy láát ook dinge gebeur. Mens moet besef dat

wanneer ‘n geleentheid opduik, jy dit moet benut, anders gaan dit verlore. Jy sit byvoorbeeld voor iemand en voer ‘n

informele gesprek, maar in der waarheid is dit ‘n massiewe geleentheid.” Juis vanweë die span se ingesteldheid om

geleenthede te identifiseer, is daar meer as genoeg werk. Trouens, sommige kliënte moet weggewys word. En die feit

dat die firma rats en gespesialiseerd is, onderskei hom van sy mededingers, glo Grosskopf. “Behalwe dat ons baie

vinnig kan beweeg, is ons koste-effektief. Ons het nie deftige kantore in blou paleise in Sandton nie, benut tegnologie

en uitkontrakteer nie – kritieke funksies – dus is ons oorhoofse koste ook laag.”

Sedert sy stigting in 2007, het die firma ook hande met Europese firmas gevat, vervolg hy. “Ons hier in Pretoria is

die ‘fabriek’, die Europese kantore is die ‘gesig’. Weens die swak wisselkoers en laer arbeidskoste in Suid-Afrika

het dit baie sin omdat ons die werk baie meer koste-effektief kan doen. Ten opsigte van waarde vir geld gaan dit

moeilik wees om ons te klop.”

Die geheim van kliëntediens is dat laasgenoemde te alle tye voel of hy boaan jou lys is. Daarbenewens is eerlikheid

deurslaggewend. “Vir baie mededingers gaan dit slegs oor geld, wat hul oordeel vertroebel. Doen net jou werk so

goed as moontlik, dan kom die geld vanself. Jy moet ook rats en betroubaar wees. As jou prestasie dáárvan getuig,

kom alles vanself en val die dinge vir jou in plek.”

Daar is ‘n paar basiese stappe wat ‘n mens nougeset moet toepas, vervolg hy. “Vir my is deeglike voorbereiding

allerbelangrik. As jy by ‘n vergadering instap, moet jy altyd beter voorbereid wees as enigiemand anders in daardie

vergadering, selfs in gevalle waar jy dalk nie so goed vertroud is met die onderwerp nie. Jy moet ook te alle tye

stiptelik wees en jou werk netjies doen. Dit is dalk klein goedjies, maar dit maak ‘n gróót verskil.”

Grosskopf Prokureurs se span van ses prokureurs mag klein wees, maar elke lid is met die hand uitgesoek op grond

van hul kundigheid en gespesialiseerde kwalifikasies – daarvan is Grosskopf self ‘n sprekende voorbeeld. Daar hou

dit nie op nie – deur volgehoue navorsing wil hulle aan die voorpunt bly.

Ofskoon hy aanvanklik, weens ‘n groot belangstelling in ekonomie, in 1990 B Com aan die Universiteit van Pretoria

(UP) gaan studeer het, het Grosskopf later in die voetspore van sy oom, asook sy pa se neef, wat albei appèlregters

was, op ‘n regsloopbaan besluit. Ná die verwerwing van sy B Com-graad, het hy kortliks by die departement van

justisie gewerk waar hy grootliks hofwerk gedoen en sy LLB in 1992, ook aan die UP, behaal het. In 1993-’94 het hy

sy leerklerkskap in die Jakarandastad voltooi en met LLM-studies – met internasionale besigheidsreg, belastingreg,

internasionale insolvensiereg en deliktereg as vakke – aan Unisa begin, wat hy in 1995 voltooi het. Hy skryf ‘n

groot mate van sy sukses toe aan goeie leermeesters soos Gerhard Ploos van Amstel en regter William de Villiers.

In 2001 behaal hy die sertifikaat in gevorderde korporatiewe en sekuriteitereg met lof.

In 1995 skop sy loopbaan as prokureur by Van der Merwe Du Toit af. Daar doen hy hoofsaaklik hofwerk, maar

begin stelselmatig oor beweeg na korporatiewe en besigheidsreg. Hy fokus meer op intellektuele goederereg vir groot

farmaseutiese maatskappye, die verkoop van sakeondernemings en konsessie-ooreenkomste. Verdere spesialisasie

volg van 1999 tot 2007 by Maree Theunissen Prokureurs, waar hy verskeie genoteerde inligtingstegnologie- en mynboumaatskappye

ten opsigte van samesmeltings, oornames en gesamentlike ondernemingsooreenkomste adviseer.

282

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!