16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

In ’n poging om regverdiging te vind vir ’n byna pre-moderne behoud van taal en kultuur, word daar groot

gewag gemaak van die byna 7 miljoen Afrikaanse huistaalsprekers, waarvan die meerderheid bruin is. Die

gebrek aan taalnasionalisme onder bruin Suid-Afrikaners maak egter die argument dat 60% van Afrikaanse

huistaalsprekers bruin is bloot ’n teoretiese punt.

In Johannesburg het verskeie Afrikaanse skole busdienste wat wit kinders van oor die hele Rand aanry

terwyl geen moeite gedoen word om bruin Afrikaanstaliges na die skool per bus aan te ry nie. Dit sou egter

’n ideale wyse gewees het waarop die wit middelklas ter wille van Afrikaans in die bruin werkersklas kon

belê, maar die keuse was en is om dit nie te doen nie. Die behoud van die partikuliere word geprioritiseer

ten koste van ’n verruiming van ’n Afrikaanse demografiese dividend. Die getalle bruin leerders in die tradisionele

wit, Afrikaanse skole is omtrent onbeduidend. Dit is ’n nalatenskap van ’n vorige generasie wat die huidige generasie

ouers nie wil regstel nie.

Bruin Afrikaanssprekendes sal waarskynlik ook moeilik inkoop op ’n model wat ’n gestigmatiseerde of ideologiese

motivering huisves. Private Afrikaanse, tersiêre instellings bemark nie in bruin gemeenskappe nie en baie min bruin

studente aan staatsuniversiteite verkies om die al skaarser Afrikaanse lesings by te woon. Die primêre eienskap van ’n

Afrikaanse, akademiese instelling kan nie ideologies wees nie. Maar, selfs sonder ideologie sou bruin Suid-Afrikaners

moes verengels; die noodsaak van oorlewing in ’n langsame politieke ekonomie – sonder die bevoorregting van ’n

historiese demografiese dividend – laat hulle met geen ander keuse nie.

Daar is ook goeie rede om te vermoed dat die kenmerkende residensiële universiteit nie die model van die toekoms

is nie. Akademiese opleiding soos ons dit tans ken, is kosteondoeltreffend. Vir baie ouers is dit belangrik dat hulle

kinders ’n studentelewe ervaar soos hulle dit gehad het, maar dis ’n onvolhoubare romantiek. Binne net meer as ’n

dekade behoort die tipiese BA-graad, asook verskeie ander akademiese programme, volledig aanlyn aangebied te

word. Afrikaanse, private universiteite wat gestig word met die doel om die taal lewensruimte te gee, loop nie net

die risiko om weens gebrekkige belangstelling sonder studente op te eindig nie, maar is waarskynlik ook totaal uit

pas uit met die snelveranderende tersiêre landskap van ’n globale wêreld.

En, indien Afrikaans oor 50 jaar steeds voortbestaan, sal dit beslis nie as ’n akademiese taal wees nie. Afrikaans

kan as ’n huistaal onder wit Suid-Afrikaners voortleef, en dalk sal daar nog enkele Afrikaanse skole wees oor

drie dekades, maar die noodsaaklikheid van die universele sal uiteindelik die drang na die partikuliere smoor,

en geïnstitusionaliseerde Afrikaans kan dit nie oorleef nie. Dalk is dit die opoffering wat nodig is ter wille van

ons voortbestaan?

Afrikaanse media sal ook uiteindelik swig voor die wet van die noodwendige; nie omdat die huidige “ouer garde”

dit nie kon keer nie, maar omdat toekomstige generasies nie ’n kultuurhistoriese belang sal hê by die behoud

daarvan nie. Tale sterf uit en kulture transformeer. In die belang van oorlewing word die “onwerklikheid” van die

hede die nostalgie van die verlede. Die romantisering van Afrikaans as organies aan Afrika kon nooit standhoudend

wees nie; die taal is ’n verbasterde besoeker aan ’n kontinent wat nooit in vrede met haar sou kon leef nie.

Ons kinders emigreer, en dit is goed so. Dit is ’n teken van aanpasbaarheid en mobiliteit. Die onsekerhede van

vasgevang wees binne ’n taal, kultuur of kontinent is ’n risiko wat die volgende generasie nie verdien nie. Die

meerderheid Afrikaanssprekendes leef reeds buite die benoudheid van ’n partikuliere identiteit. Dit is net die

vervreemding van politieke onbestendigheid wat die laer dig trek. Maar, laat ons in vadersnaam nie weer die

kinders daarby betrek nie.

155

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!