16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die meeste Afrikaanse kunstefeeste is bykans so oud soos ons demokrasie – gebore met

reënboog-weerkaatsings in die oë. Dit is onbetwisbaar so dat die feeste uitkomste vir

kunstenaars gebied het in ’n tyd toe staatsondersteuning se kraantjie toegedraai is.

En steeds sit dit brood, en soms konfyt ook, op die tafel vir teatermakers oor die hele

spektrum. Maar hoe lyk daardie sprankeloë babas nou as volwasse feeste? Is ons

feeste – voeders van die kunste – in stabiele waters of laat die Sturm und Drang-jare

van twintigjariges die kunstebootjies tuimel?

Dit is net regverdig om eerste te kyk in die rigting van die KKNK – die Moeder van die

Afrikaanse kunstefeeste wat vanjaar haar 25ste verjaardag in Oudtshoorn gevier het.

Volgens Hugo Theart, artistieke hoof van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat onder meer die KKNK in Oudtshoorn

aanbied – lui die doemprofete elke jaar die doodsklokke vir die feeste en tog is die meeste van die groot feeste reeds

vir dekades sterk aan die gang.

“Natuurlik het die lands- en wêreldekonomie altyd ’n invloed op die kunste en kunstefeeste, maar ons is gelukkig om

getroue borge, donateurs en gehore te hê, wat jaar na jaar die lewensaar van die feeste bly,” voeg hy by.

Saartjie Botha, direkteur van die Toyota/US Woordfees in Stellenbosch, stem saam met Theart dat hoewel die

ekonomie druk, dit al slegter gegaan het met feeste in ons land. Trouens, sy vind ekonomiese en politieke druk ’n

uitstekende stimulus vir goeie kreatiewe uitsette. “As daar min geld in ’n omgewing is, is daar min geld om te mors

en word dit meestal sinvol aangewend. Die bestuur van feeste is na my mening, tans redelik goed,” redeneer Botha.

Vir dr. Ricardo Peach, hoof van die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein, is geld nie die begin en einde van die

kunstefeeste nie. Die grootste struikelblok is volgens hom eerder dat die feeste voortdurend moet vernuwe om relevant

te bly. “As jy idees het, dan volg die geld. Alles verander voortdurend om jou en soms kan ’n fees aanpas en soms

nie. Dit is niemand se fout nie; dit is eerder die verandering in die hele land wat inspeel op al wat ’n fees is,” sê hy.

Met ’n Nelspruitse draai, gesels ek met twee van die organiseerders van die Innibos-fees: Philna Scholtz,

programbestuurder, en Andy Lubbe, feesbestuurder. Scholtz sluit aan by Peach deur te sê dat, hoewel die feeste

voortdurend seker maak dat die boeke klop, feeste ook moet sorg dat hulle volgens die land se veranderinge aanpas.

Ons gesels oor nie net ekonomiese aanpassings nie, maar ook oor sosiale veranderinge. Vir Lubbe is die Afrikaanse

feeste – spesifiek dié in die noorde – se sosiale transformasie ’n tameletjie. Daar is baie groter bruin, Afrikaanssprekende

gehore in die suide wat die feeste daar ondersteun,” sê hy. “In die noorde van die land is dit baie moeilik, gegewe

die afwesigheid van bruin gemeenskappe. Ons probeer deur verskeie aksies en projekte om Innibos meer inklusief te

maak, maar dit is ‘n groot uitdaging met mindere mate van sukses. Ons werk egter voortdurend daaraan.”

Ek gaan klop aan by die Suidoosterfees wat jaarliks in die Kunstekaap in Kaapstad aangebied word. Dié fees is

toentertyd in die lewe geroep juis om naatloos te wees. Hoe sien hierdie feesbestuur die stand van transformasie

in kunstefeeste sedert 1994? Jana Hattingh, die nuwe uitvoerende hoof, glo dat hoewel produksies al baie meer

geïntegreerd is, die gehore nog nie naastenby is nie. Sy verwys dan na die teaterkundige, prof. Temple Hauptfleisch,

wat daarop wys dat die Suid-Afrikaanse verhoog een van die beste barometers is om ’n diverse en veranderende

gemeenskap ten toon te stel. Hier is, selfs by Kaapse feeste, volgens Hattingh nog ruimte vir verbetering.

As Theart kyk na die lang pad wat die KKNK al geloop het, is daar enorme vordering gemaak. Tog moet hy met

Hattingh saamstem dat daar nog ’n paar kronkelpaaie wag. Daar is vandag meer geleenthede om Suid-Afrikaanse

stories te vertel, maar tog is daar nog wesentlik brûe te bou tussen taal-, ras-, -geslag en kultuurgrense heen.

124

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!