16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kamers

van koophandel

Twee Stellenbosse vroue se idee om handwerk in ’n huis te

verkoop was so gewild dat dit gegroei het tot ’n nasionale

mark waar eg Suid-Afrikaanse produkte van entrepreneurs

van oor die hele land verkoop word. THEO KEMP het met van

hulle, wat van vonkelwyn tot strikdassies maak, gaan gesels.

Sewentien jaar gelede in die ruim kamers van ’n huis in die lowergroen Stellenbosch is Kamersvol

Geskenke gebore. Dit was nooit die idee om ’n nasionale toonaangewende mark met die nuutste

ontwerpe en eg Suid-Afrikaanse produkte te begin nie. Dit het alles toevallig gebeur toe twee

vroue met ’n oog vir mooi, die domineevrou Amelia van Zyl en haar vriendin, Lize-Marie van der

Westhuizen, ’n paar mooimakers bymekaar gehark het en gevra het om hul handewerke te bring

en in die huis te verkoop. Dit was so gewild dat die vroue nie anders kon as om dit die volgende

jaar te herhaal nie. En soos die cliché lui: die res is geskiedenis. Maar al het Kamersvol Geskenke

intussen vele metamorfoses ondergaan – wat vandag bekend staan as KAMERS/Makers – slaan

die gene vandag nog sterk deur in al die nasionale opskietmarkte in nie net Stellenbosch nie, maar

Kaapstad, Pretoria en Johannesburg. Dié mooiste trekke is dat alle produkte steeds handgemaak is,

deur vakmanne en -vroue wat hulle staal wys, en dat alles wat te koop aangebied word, op eie bodem geskep is.

Trots Suid-Afrikaans. Trots tuisgemaak. Dit is die twee pilare waarop KAMERS se sukses staangemaak is.

As getroue ondersteuner van KAMERS/Makers wat met groot genot hierdie inisiatief sien groei het van 40 verskaffers

tot vandag se 200 per mark, moet ek my belange as bevoordeelde skrywer reeds vroeg in die artikel verklaar. Maar

as ek nie myself toelaat om die saak te besing nie, sal die statistiek die noot hoog insit: reeds 45 markte is aangebied

sedert 2003; 800 mense is na die eerste mark getrek – wat indrukwekkend vir ’n gewone huis is – tot vandag se

ongeveer 60 000 voete per jaar; twee vroue se droom het gelei tot ’n gedugte span van tien vaste personeellede.

’n Groot deel van die sukses van KAMERS/Makers is dat elke mark met skerp oë aanmekaar geslaan word. Sonder

om elitisties te wees, is dit die werk van Wanda du Toit, die hoofeienaar en kreatiewe direkteur, en haar medewerkers,

om seker te maak dat elke verskaffer met die hand uitgekies word. Die een hand was ook so die ander, want sonder

KAMERS/Makers is daar vir vele van die entrepreneurs nie ’n platform om hul produkte te verkoop nie, en sonder die

entrepreneurs wat hul nekke uitsteek om die markwaters te toets, is daar nie ’n KAMERS/Makers nie. ’n Resep wat

makliker klink as gedaan, want hoewel KAMERS/Makers die mark so goed soos die palms van hul hande ken, bly

kopers verras met wat hul voorkeure is. En dit verskil van die een mark na die ander.

194

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!