16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

REIS NA ROEM

Fanie Naudé het verlede jaar die Hertzogprys vir prosa ontvang

vir sy roman Die derde spoel en LEON VAN NIEROP het meer gaan

uitvind oor dié skrywer wat al met verskeie pryse weggestap het.

’n Trein op pad na die suide van Frankryk. ’n Passasier plaas sy rugsak op ’n bagasierak. Binne-in is ’n sakrekenaar

en geheuestokkie met sy roman op. Hy klim op die regte stasie af en reis verder na sy bestemming, net om te besef

hy het sy rugsak op die trein vergeet met die enigste twee kopieë van sy roman daarin.

Die skrywer is S.J. (Fanie) Naudé. Die roman: die driekwart voltooide Die derde spoel. Nie dat hierdie passasier

maklik paniekerig raak nie. Maar 18 maande se werk is met die klap van ’n kompartementdeur daarmee heen.

En toe verlossing. Hy onthou dat hy gelukkig die roman die vorige dag na homself ge-epos het. ’n Naelskraap

oomblik. Fanie Naudé knik by die herinnering aan hierdie insident. Sou hy ook op ’n soortgelyke reis as sy protagonis

gegaan het om die rugsak op te spoor? ’n Mens wonder. Dalk ’n insident vir ’n volgende kortverhaal?

Die derde spoel wen verskeie gesogte toekennings – meer onlangs die Hertzogprys vir Prosa. Prof. H.P. van Coller

verwys in sy oorhandigingsrede onder meer daarna as “(dit) skakel met ander belangrike motiewe in die eietydse

Afrikaanse prosa, naamlik die aard van die moderne metropool én die soeke na identiteit.”

Ná 16 jaar in die buiteland, waar hy ’n regspraktisyn was, is sy Afrikaans steeds plaaslug-suiwer. Beskryf hy emosies

en waarnemings met dieselfde insig as sy protagonis Etienne. Hy onthou die honderde ure in raadsale en kantore

terwyl hy aan saketransaksies gewerk het. Maar later eers die vryheid van skryf en die krag van die skeppingsproses.

Hierdie proses het in alle erns begin toe Naudé Londen in 2009 verlaat het om plaaslik onder Marlene van

Niekerk te studeer. Hy verwerf ’n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk in 2012 met ’n kortverhaalbundel en

’n verhandeling oor “Die uitbeelding van kreatiwiteit in die werk van J.M. Coetzee.” Die rol van rolprente in

sy roman en die skeppingsproses skemer telkens deur in ons gesprek. Nie alleen verwys hy na die invloed van

meesterrolprentmakers soos Werner Herzog, Rainer Werner Fassbinder en Kenneth Anger nie, maar ook na wat

hy by Marlene van Niekerk geleer het.

“Onder haar was dit ’n bevrydingsproses,” onthou hy. “Ek onthou dat iemand in die eerste klas by Marlene gevra

het: ‘Mag ’n mens dit of dat?’, waarop sy gesê het: ‘Enigiets mag.’ ”

Hy teug aan sy koffie (“is dit kafeïenvry?” het hy spesifiek gevra.) “Kreatiewe skryfkursusse het ’n element van

psigoterapie. Marlene het ’n intuïsie gehad oor wat die kern is van dit wat ’n mens kreatief gesproke probeer doen.

74

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!