16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ná sy twee mense baie naby aan haar verloor, kyk Marianne Fassler, Suid-

Afrikaanse ikoon van die modewêreld terug op haar lewe soos net sy kan,

deur vorentoe te kyk en introspeksie te neem van waarheen sy op pad is met

’n reeks nalatenskapfoto’s saam met haar kleindogters, Sibella en Sophia.

MARTIE BESTER het in haar dam gaan swem.

“Verlede jaar was vir my nogal ’n waterskeiding gewees. My pa en tweelingbroer is in dieselfde week dood. Ek

was nooit alleen nie, maar ek is nou, ek het my tweeling verloor. Om een van ’n tweeling te wees was nog altyd

deel van my identiteit, nou is daar ’n leemte,” sê Marianne Fassler, mooi in wit, haar blou hare soos ’n kroon teen

die rooi van die bank waarop sy sit.

Haar reeks legacy foto’s, haar persoonlike nalatenskapfoto’s ter viering van 42 jaar in die bedryf is nie vir

modetydskrifte se blaaie bedoel nie, maar is eerder die vergestalting van die zeitgeist van drie generasies van

Fassler-vroue. Vir die foto’s is Fassler se modeargiewe ingespan om die tydloosheid en relevansie van haar ontwerpe

oor te dra. Tzvi Karp, ’n vriend en ’n diepgaande kenner van mode, moes die groot besluite neem ten opsigte van

plek en tyd en die inkleding hanteer.

Fassler sê: “Hoewel ek nie belangstel in nalatenskap nie, stel ek belang in kontinuïteit en waardes, en daarom het ek my

kleindogters, Sibella en Sophia, gevra om hulself in my argief uit te druk. “My kleinkinders is albei op daardie stadium

van hul lewens waar hulle ongelooflik beautiful is, hulle is sterk vroue en ek wou vreeslik graag sien wat hulle doen.”

Aan die einde van 2018, dwing haar pa en broer se dood haar tot introspeksie. Vorentoe. Fassler haal die digter

Mary Oliver aan, wat ook in 2018 gesterf het: “ ‘Tell me, what is it you plan to do with your one wild and precious

life?’ Hierdie woorde het my aangemoedig om ná hul dood selfondersoek te gaan instel.”

162

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!