16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Melvill die lug, die kultuur en die geskiedenis van Suid-Afrikaanse stede vasteken. “Jy hoef nie ’n argitek te wees om

’n verbintenis te hê met die geboue rondom jou nie,” merk hy op. Elke kunswerk word as ’n argitektekening begin,

wat dan ontwikkel tot ’n kunswerk. KAMERS/Makers is volgens Melvill suksesvol aangesien hulle hulself dwing om

relevant te bly, en om die entrepreneurs ook by hierdie strewe na gedurige vernuwing te hou.

Sharon Botha van Cole-juweliersware het eers later in haar lewe haar passie ontdek, en op die ouderdom van

54 gaan studeer. Vandag werk sy uit haar studio in Woodstock, saam met van haar “twenty something” medeoudstudente.

“KAMERS het ’n groot rol in my lewe gespeel, aangesien mense my werke nie sommer andersins sal

ontdek nie. Mense wil nie net juweliersware koop nie: hulle wil sien hoe lyk die hande wat dit gemaak het; die

gesig daar agter.”

Toffies is al so oud soos die berge, maar tog kon Frits van Ryneveld en Hentie van der Merwe daarin slaag om met

hulle Darling-toffies oud en jonk opgewonde te maak. “Dit gaan oor die verpakking en die interessante smake wat ons

bymekaar voeg,” sê Van der Merwe opgewonde. Al is hul produkte op baie plekke beskikbaar, bly KAMERS/Makers

’n baie goeie platform waar hulle waardevolle terugvoer van kopers kry oor wat werk en wat nie.

Van der Merwe stem saam met Pauw dat Suid-Afrika ’n wonderlike plek vir entrepreneurs is, maar waarsku dan:

“Om ’n entrepreneur te wees vandag in Suid Afrika beteken om op jou voete te kan dink, en nuwe, kreatiewe

oplossings te kan vind in ’n voortdurend veranderende politieke en ekonomiese landskap en ook wat betref jou

produkaanbod, gesien die mark vir handgemaakte voedselprodukte raak al hoe meer puntenerig oor wat hulle in hul

monde sit, en tereg ook.”

Lourette du Preez kom al van die begin af met KAMERS/Makers aan. Haar kinderdroom, om met lap te werk het by

haar oumas begin. “My een ouma het my leer brei, my ander ouma leer hekel. Van kleintyd af wou ek my eie winkel

met hierdie gevroetel hê. Ek het al die goedjies gemerk en dan wou ek sinkplate vat en my eie winkeltjie langs die

plaaspad oopmaak – die enigste mense wat ooit met die pad gery het was die bure, miskien elke tweede dag,” spot sy.

Vandag verkoop sy ’n verskeidenheid lapprodukte met fassinerende teksture by al wat ’n mark is van KAMERS/Makers.

Nóg ’n entrepreneur wie se paaie vroeg met KAMERS/Makers gekruis het is Heidi Sendin. Sy was pas afgedank

by ’n groot kettingwinkel waar sy as aankoper gewerk het. Sendin onthou goed hoe sy ’n geskenkbewys van die

Bead Shop in Langstraat, Kaapstad, by iemand gekry het. Sy het begin om kralewerk te maak en nadat sy die

oproep van (toe nog) Kamersvol Geskenke gekry het, nooit weer terug gekyk nie.

FOTOGRAAF: CAREY SLADE

Consol is die trotse borg van KAMERS/Makers. Saam

maak Consol dit moontlik om KAMERS/Makers te help in

hul strewe om omgewingsvriendelik handel te dryf. Consol

gee elke besoeker ’n gratis glaswaterbottel en sodoende

is die gebruik van meer as 120 000 plastiekbottels oor

die afgelope jaar by KAMERS voorkom. Hulle bied ook

’n stalletjie aan waar al hul nuutste glasprodukte aan die

besoekers gebied word.

197

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!