16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

TONEEL UIT DIE MI(SA) MET AMANDA STRYDOM, SIMA MASHAZI, JACOBI DE VILLIERS EN DANIE THERON TONEEL UIT DIE GANGSTERS ‘N TONEEL UIT GYMPIESTRAAT

Dit bied ’n soort utopie waar daar vreesloos oor gevaarlike dinge gesels en gestoei kan

word; waar ons kan reflekteer en onsself kan herlaai.

“Vir so lank as wat die feeste relevant bly en verantwoordelik te werk gaan met die geld

en inhoud, sal feeste ’n toekoms hê,” antwoord Theart op my vraag oor hoe die toekoms

van feeste lyk. Daarmee ontken hy nie die vele uitdagings nie, maar die kunstefeeste,

saam met teaters, sal altyd die hartklop bly van die kunste in ons land.

Peach is van mening dat kunstefeeste al hoe belangriker sal word, hoe groter die wêreld

se probleme word. Kunstefeeste is die een plek waar daar antwoorde gevind behoort te

word; dit is in hierdie beskermde laboratorium van die kunste, waar ons al hoe meer gaan oplossings uitwerk. Dit

is juis om hierdie rede – die feit dat kunste as slypskole kan dien waar met oplossings gespekuleer kan word – dat

Peach dink feeste nie sal verdwyn nie. Inteendeel, hy voorsien dat al hoe meer feeste, sommige meer intiem, oor die

volgende jare kan ontstaan.

Nóg feeste is volgens Lubbe nie noodwendig ’n goeie ding nie.

“Ek is bietjie bekommerd dat die mark toegegooi word met te veel feeste wat dit al hoe moeiliker maak om volhoubaar

te wees. Dit gaan beteken dat slegs die sterkstes gaan oorleef,” sê hy. Met “sterk” bedoel hy feeste wat

mededingend is wat betref goeie inhoud, waarde vir geld en vernuwende denke. Groter samewerking tussen die

feeste, sterker vennootskappe – dit hoor ek uit al die feesmonde. Daarsonder is die feeste se toekoms in die gedrang.

Al gaan dit goed met een fees, maar nie met die ander nie, lyk die horison van die feeslandskap nie rooskleurig nie.

“Ek is baie positief oor ons feeste se toekoms,” sê Botha. “Ja daar is te min geld, en te veel politiek, maar moenie die

gees en die siel van kunstenaars onderskat nie. Dis magtiger as stelsels en beheer. As kunstenaars werk kan maak

wat met gehore en potensiële gehore resoneer, het ons ’n blink toekoms. Ons het baie stories om te vertel, en gehore

wat nodig het om stories te hoor. Negatiwiteit in ’n feesomgewing is lewensbedreigend. Feeste het nie beskerming

nodig nie, wel koestering. Dit vra vir ’n positiewe benadering. As ons dit kan regkry, gaan ons makliker geld kry.”

Strachan dink lank voordat sy antwoord oor hoe sy die feeste se toekoms sien voordat sy dit in die woorde van haar

teatervriend, Christo Davids, vasvang: “Solank as wat gehore kaartjies koop en hande klap wanneer die ligte doof –

is daar hoop.”

127

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!