16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

jy van foto’s af?”

“Alhoewel ek aanvanklik ’n foto as verwysingspunt gebruik, gooi ek dit halfpad

uit en vertrou op my intuïsie. En gee meer aandag aan sekere aspekte van die

tekening. Hierdie hele proses word gewoonlik binne ’n maand voltooi. So 130

uur per portret.”

“Jy moet dan seker emosioneel verknog raak aan so ’n werk?”

“Werk

“Nie regtig nie. Ek beskou my werke as maniere om my denkproses visueel oor

te dra. Selfs as ek die kunswerk verkoop, bly die inspirasie nog by my. Om die waarheid te sê, ek raak nie lief vir die

werk nie. Ek hou van wat in die werk is.”

Wanneer daar na Huisamen se werk gekyk word, is dit moeilik om te glo dat hy geen formele kunsopleiding gehad

het nie. Hy het egter drie keer meesterklasse by Louis Jansen van Vuuren in Frankryk gevolg.

“Dit was ’n interessante leerproses. Louis se benadering tot die visuele medium is versigtig, maar liries en uitbundig –

’n metode wat in skerp kontras is met my eie stadige en noukeurige modus operandi. Louis dring aan op gedurige

herinterpretasie en verandering van tegniek in vergelyking met my eie onbuigsame en beperkende metode. Miskien

die mees waardevolle insig wat hy by my tuisgebring het, is volgehoue intellektuele nuuskierigheid en onbeperkte

eksperimentering. Wanneer ek terugkyk op my eie werk sien ek hoe selftevrede ek geraak het, en dat ’n gevoel van

stagnasie en ontevredenheid geleidelik ingetree het.”

Wanneer die kreefman kom, is hy soms blou van die koue met: “Die water was rof en koud vandag.” Dan drink hy

koffie met warm melk. Hy het al lankal aanspraak op ’n stoel op die stoep gemaak. Half in die hoek.

Ons gesprekke keer altyd terug na letterkunde en flieks. Ek weet al dat hy fiksie en nie-fiksie lees, ook akademiese

joernale en natuurlik opstelle oor rolprent- en literêre kritiek. Die nuutste op sy leeslys is Jamie O’Neill se poëtiese

At Swim, Two Boys waar hy baie keer ’n woordeboek moes nadersleep – ongewoon vir hom wat soms verkies om

na Engels oor te slaan. Hy vermy Twitter en Facebook en hy het nie ’n belangstelling in moderne poësie nie.

Eenkeer kom sy pa saam. Bruingebrand. ’n Golfspeler. Huisamen is daardie dag stil in die teenwoordigheid van dié

joviale man. Daar word oor alles behalwe Huisamen en sy kuns gesels. Ek begryp wat hy bedoel het toe hy my vertel

het dat daar nie juis aanmoediging van familie of vriende was om sy kunstalent te laat ontwikkel nie. “Dit was my

eie keuse, ek het self gekies. In my hoërskooljare was dit ’n bepalende kern van my identiteit. In 2018 moedig my

kunsonderwyser my aan om aan die Tygerberg eisteddfod deel te neem. Ek kry toe hoogste lof, asook ’n trofee. Dit

was die begin.”

Huisamen raak altyd stil as ons groet. Asof hy buite die gesprek staan. Soos ’n vreemdeling. ’n Buitestander. Hy

glimlag nie. Hy het eenkeer vertel: “Tydens ’n ysskaatsvoorval probeer ek ’n meisie beïndruk met ’n sprong wat

verkeerd loop en ek val. Een van my snytande breek tot in die wortel en vir tien jaar dra ek ’n plastiekskerm oor my

tande. Daar het ’n vrees ontstaan om te glimlag en dit bly steeds by my – tot vandag toe.”

Dit is Huisamen. Beperk en onbeperk.

64

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!