16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Gourmet

plaaskos

Wanneer die sjef van Pierneef à La Motte Restaurant saans by

die huis kom, skuif hy weer agter die kospotte in, want hy is

passievol oor kosmaak. Dit is nie net sy beroep nie, maar ook

sy stokperdjie. Almal verwag dat die soort kos wat hy in die

restaurantkombuis maak, ook dit is wat hy tuis maak, vertel Eric

Bulpitt aan GERARD SCHOLTZ.

“Ek hou van hartlike, huislike kos. Geroosterde kaastoebroodjies of ’n spaghetti bolognese is nie ongewoon nie. Ek

hou van braai wanneer die weer goed is en ek is mal oor groente wat op die vuur berei word. Dan kry jy ’n diepte

van geur en tekstuur wat jy nie in ’n pan kry nie. Verder hou ek van ’n regte aïoli en warm souse. My yskas tuis het

altyd al die geurmiddels wat ek by byna elke dis voeg. En dan put ek baie inspirasie uit die Japanse kookkuns. ’n

Umamiryke aftreksel met noedels is elke week of twee op die tafel.”

Oorkant my onder die groen eikebome van die wynplaas, La Motte, sit Bulpitt.

Effense rooi skynsel in sy baard, potlood agter die oor, ’n vietse leervoorskoot

aan met hier en daar ’n vlek wat dit ’n heerlike patina gee, en

sy oë kyk kort-kort in die rigting van die oop kombuis waar sy assistente

besig is met voorbereidings vir die gesofistikeerde plaaskosetes waarvoor

Pierneef à La Motte so bekend is. Waar tradisie, erfenis en die omgewing

so ’n groot rol speel.

Bulpitt beklemtoon dat dit vir hom ’n voorreg is om by Pierneef à La Motte

te werk. “En dan ook die koskultuur hier. Om disse van my kindertyd op

’n nuwe en verbeeldingryke manier te verwerk onderstreep nostalgie. Die oorvloed van wat die plaas bied en ook

om met die plaaswerkers saam te werk laat my voel ek hoort hier. Dat hier ’n baie spesiale verbintenis tussen my

en die plaas is. Almal is passievol oor wat hulle doen en ook om met kreatiewe mense saam te werk is ’n inspirasie

om gedurigdeur in die erfenis van ons land te delf. Natuurlik help dit om uitstekende wyne hier te hê en om met die

keldermeester Edmund Terblanche saam te werk wanneer dit by kos- en wynpasmaats kom. ’n Verdere inspirasie.”

210

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!