16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kliënte klop ook reeds om advies by hom aan oor die herstrukturering van maatskappye, die uitreiking

van voorkeuraandele, skuldbriewe en die opstel van werknemertrusts. Hy gee ook advies aan

die land se kommersiële banke en adviseer oor krediet-, afgeleide instrument- en gestruktureerde

finansieringsooreenkomste.

Met swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in die laat negentigerjare, vroeë 2000’s sterk op die

voorgrond, adviseer hy nie net talle maatskappye ten opsigte van die implementering van SEB-beleid

nie; hy verteenwoordig ook SEB-maatskappye in verskeie gesamentlike ondernemings-, verkrygings- en

aandeelhouersooreenkomste.

Hy adviseer ook talle maatskappye oor die uitreiking van aandele aan die publiek, asook oor verwante aangeleenthede

van maatskappyreg. Die praktyk het ook uitgebrei om verskeie internasionale kommoditeitsooreenkomste en

ooreenkomste met betrekking tot die Suid-Afrikaanse termynbeurs (SAFEX) op te stel.

Ondanks ‘n propvol werkprogram, sien hy kans om ook as nie-uitvoerende direkteur in talle direksies en ouditkomitees

te dien. Sedert 1996 is hy ook lid van die dissiplinêre komitee van die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies,

nou bekend as die Regspraktisynsraad (Legal Practice Council).Deeglik geskool in al bogenoemde regsaspekte, neem

hy in Augustus 2007 die stap om sy eie regspraktyk op die been te bring waar hy onvermoeid voortgaan om al sy

vaardighede verder te slyp en die nodige leiding te gee met ‘n kultuur van lewenslange opleiding.

Danksy Grosskopf en sy span se wye ondervinding op veral kommersiële regsgebiede, stel dit die firma in staat om ook

‘n wye reeks gespesialiseerde dienste in die korporatiewe en handelswêreld aan te bied. Ten opsigte van handelsreg,

fokus die firma op samesmeltings en verkrygings, gesamentlike ondernemings, internasionale handelsreg, kontraktereg,

mediese skemas, kommoditeitsverhandeling en konsessies (frachising). Finansiële ooreenkomste behels bategebaseerde

sekuriteit, korporatiewe finansiering, krediet- en gestruktureerde finansierings- en buitelandse valutatransaksies.

Daarbenewens doen die firma ook eiendomsoordragte, deeltitelontwikkelings en die kansellasie en registrasie van

eiendoms- en notariële verbande. Alle aspekte van arbeidsreg word ook gedek – van ontslag en stakings tot onbillike

arbeidspraktyke. Ook op die gebied van intellektuele eiendomsreg, is die fokus omvattend: van nasoeke tot aansoeke

om die registrasie van handelsmerke, en kopiereg tot die kommersialisering van intellektuele goedere. Kommersiële

litigasie in hoër howe, arbitrasie en alternatiewe dispuut-beslegtingsoplossings is nog ‘n belangrike fokusarea en

behels 30% van die firma se werk.

Deesdae in Suid-Afrika word die howe, waar litigasie geneig is om lank te sloer, as’t ware “geprivatiseer” – en ook

in hierdie opsig gee Grosskopf Prokureurs die pas aan. “Dít beteken dat die oorwig van belangrike siviele gedinge

vir groot banke, mynmaatskappye en kommoditeits- verspreiders met arbitrasie besleg word. ’n Voorsittende beampte,

byvoorbeeld, ’n oudregter of senior advokaat word aangewys. Jy kies die arbiter, die reëls van toepassing en die

tyd waarbinne alles afgehandel word. Die bevel wat uitgereik word, kan indien nodig ’n bevel van die hof gemaak

word, maar dit is ’n veel korter en effektiewer proses. Hierdie departement het ’n suiwer uitkomsgedrewe benadering,

wat uiteraard groot byval vind.”

“Dit is baie belangrik dat ons land se howe en regstelsel onafhanklik bly, anders is daar eenvoudig nie die nodige

wig en teenwig nie,” beklemtoon Grosskopf. “Howe sal doeltreffender moet word en vinniger moet werk. As veral

die blootleggingsproses meer vaartbelyn kan word, kan dit wel gebeur.

“Terselfdertyd sal die opleidingsgaping oorbrug en tegnologie beter benut moet word. Om die volumes en minder

komplekse sake te kan hanteer, is ’n groter verskeidenheid forums en howe straks die antwoord. Die uitdaging egter is

om deur die nodige siftingsproses die regte kanaal vir die spoedige oplossing van ’n geding te bepaal,” vat hy saam.

Hy bly optimisties en positief oor die uitdagings en geleenthede in Suid-Afrika en spreek die hoop uit dat politici die

ekonomie voorop stel in hul besluitneming.

283

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!