16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kyk ’n mens na die transkripsie van die werklikheid van daardie portretstudie is dit moeilik om

dit van ’n superrealistiese foto te onderskei wat met die beste lens geskiet is. Elke waterdruppel,

elke porie op sy vel, elke nat haar op die jong man se gesig en lyf is ’n werklikheid, ’n groter

werklikheid as wat die kamera se lens kan weergee. Geskets met houtskool op Fabriano-papier.

“Daardie selfportret is ’n studie wat standpunt inneem teen die massamedia waar daar die

persepsie is dat fotografie, film of televisie realiteite die beste kan uitbeeld. Ek dink nie dit is waar

nie. Hierdie is stadige kuns wat vir sowel my as kunstenaar en vir die kyker in ’n ander en dieper

verhouding teenoor die kunswerk wil laat staan. Daardie nougesette aandag aan detail moet jou

laat dink en voel,” sê hy en voeg by dat daardie selfportret, asook die Ecce Homo-reeks, se doel

was om ’n ten volle besefde transkripsie van die werklikheid te skep.

Huisamen vertel dat hy as kind die eensame gewoonte gehad het om gesprekke met denkbeeldige mense te voer. Dan

het hy tweedimensionele beelde geteken in die hoop dat hulle tot lewe sou kom. Baie kere dwaal ons gesprekke weg

van kuns en gooi ons wye draaie. Rolprente, ernstige leeswerk, geskiedenis, sake van die dag. Of dit nou oor die

Japanse inval in Mantsjoerye is, of ’n rolprent wat in die 1950’s geskiet is met die naam van die regisseur en akteurs

wat hy afrits. Waar kom hy aan al die kennis en insigte?

“Op dieselfde manier as die jongmense van my generasie: die internet. Om te dink jy kan met ’n selfoon al die

kennis van die menslike bestaan in jou handpalm vashou. Vir politiek, geskiedenis, kunskritiek, sosiologie en filosofie

lees ek akademiese joernale. My gunstelingbronne oor rolprente is Sight and Sound, Criterion, Metacritic en die

fliekblog They Shoot Pictures Don’t They? Alhoewel ek veral klassieke werke verkies, lees ek meer internasionale

kontemporêre literatuur. Ek gebruik Chimurenga, The New York Review of Books, Paris Review en die London

Review of Books as verwysings.

Ek wil nie ’n kunstenaar oor sy eie interpretasies van sy werk vra nie, maar Ship of Fools bly by my spook. Hy is

nie suinig om te deel nie. “Hieronymus Bosch se Ship of Fools het my geïnspireer vir die Bosch in Afrika-uitstalling.

Die oorspronklike gelykenis van ’n skip van dwase dateer van Plato se Res Publica en dien as ’n allegorie oor hoe

strukturele samelewing altyd in pandemonium verval. Ek het probeer om kommentaar uit te beeld op die kontemporêre

Suid-Afrikaanse samelewing, waar die heersers hulle vergryp aan aardsondeugde.”

Ek stel dit aan hom dat hy ’n paar doelbewuste motiewe bygebring het. “Ja, daar is die seksueel suggestiewe gebare

by die jonger figure as ’n teken van verlore onskuld, of eerder die geperforeerde potensiaal van die toekoms. Die

gevlekte hiëna heel voor simboliseer uiterlike dualiteit – die vroulike hiënas is bekend daarvoor dat hulle faux manlike

genitalieë het om die manlike hiënas te verwar. Die swart angus dui op ’n donker en dreigende toekoms vir Suid-

Afrika se kommersiële boerdery. In werklikheid kan die hele werk gelees word as ’n waarskuwing teen die gevare

van ’n veranderende en vyandige klimaat vir die menslike samelewing.”

Huisamen verkies om met ’n houtskoolpotlood te werk omdat dit die kenmerke van sowel potlood en houtskool het.

Hy voel houtskool bied ’n meer dinamiese verskeidenheid lig en skaduwee as wat grafiet doen, en ook ’n ryker

sielkundige ervaring vir die kyker. Ten spyte van houtskool se reputasie, vind hy die medium ook baie meer plooibaar

as hy foute maak.

“Het jy ’n eidetiese geheue?” vra ek hom eendag. “Nee, ongelukkig nie. Hoe ouer ’n beeld in my geheue word, hoe

meer waarskynlik word dit verdraai en word dit vervang met ‘n geïdealiseerde weergawe van wat ek dink ek gesien het.”

“Maar hoe gaan jy dan te werk?”

“Ek val soms terug op die metodes van die antieke Grieke deur ’n groot tekening in klein roosters te verdeel. Dan

begin ek gewoonlik van die boonste linkerhoek na die onderste regterhoek teken. Ek probeer nie om ’n foto met

meganiese akkuraatheid te skep nie, want dit sal my kreatiwiteit inperk.”

63

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!