16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die gevolg is uiters vrugbare grond en pragtige, gesonde groente in die tuin.

Daar lê nog baie werk voor waarvan een ’n projek is om die Juskeirivier, wat naby Ellispark ontspring en verby die

Victoria Yards vloei, skoon te maak en te herwin volgens wetenskaplike metodes. Intussen het sowat 40 besighede

hulle reeds hier gevestig, en daar’s nog baie plek vir baie meer.

Green sê hy is dol op verval en sien dadelik die moontlikhede van sulke plekke in. Hy vertel dat 44 Stanley, ’n

buitelug winkelsentrum in Braamfontein Werf wat hy ook ontwikkel het, in algehele verval was toe hy dit aangepak

het. Deesdae is dit ’n plek waar jy heerlik onder olyfbome kan eet en buitengewone winkels kan besoek. Volgens

hom is daar nog baie werk by Victoria Yards, dit gaan nog lank vat, maar hulle is nie haastig nie, en as 44 Stanley

’n maatstaf is, gaan die Yards in die volgende jare ’n plek word waar mense van heinde en ver gaan kom om tyd te

spandeer, rond te loop en te snuffel, en miskien iets regtig besonders te koop.

WAT JY KAN KOOP EN SIEN

Coote and Wench Design Company maak meubels van industriële onderdele en spesialiseer in die herwinning en

hergebruik van antieke en periodeartikels wat oorgemaak word sodat dit bruikbare gebruiksartikels en dekoratiewe

stukke is. Hulle maak meestal ligte en beligting wat elkeen uniek is en die staanlampe wat hulle op ’n driepoot monteer,

met ou soek- en kolligte. Elke lamp wat vervaardig word, is uniek met ’n eie geskiedenis van waar die verskillende

komponente gevind en tot stand gekom het en elkeen is genommer omdat geeneen van die lampe dieselfde is nie en

as individuele stukkies beligtingskuns beskou word.

Young Bucks, verkoop handgemaakte notaboekies gemaak volgens persoonlike voorkeur vir korporatiewe en

persoonlike kliënte in verskeie groottes, geskenkboksies en individuele spesiaal gebonde boeke. Hulle gebruik

herwonne papier.

Werkswinkels van ambagsmense sluit in die meubelateljee van David Krynauw, die Smeltglasateljee, ’n openbare

ateljee bestuur deur Martli Jansen van Rensburg en Mike Hyam. Hier kan jy sien hoe glas geblaas word, maar jy kan

ook lesse in glasmaak volg en werksessies bywoon. Die ateljee werk saam met verskeie kunstenaars en vervaardig

werk wat volgens opdrag voltooi word vir korporatiewe en individuele kliënte.

Foakes, die koffiewinkel, is ook uitsonderlike want hulle koop groen koffieboontjies wat hulle voor jou oë rooster,

vermeng en maal – varser koffie sal jy beswaarlik êrens anders kry.

’n Aantal bekende kunstenaars het ateljees by Victoria Yards en sluit onder andere in Blessing Ngobeni, Ayanda

Mabulu, James Delaney en Roger Ballen. Die Daville Baillie Gallery het ook van Norwood verskuif en stal werk van

kontemporêr Suid-Afrikaanse kunstenaars uit sowel as van die ouer Suid-Afrikaanse kunstenaars met ook Matthew

Krouse, voormalige kunsjoernalis, se boekwinkel wat ’n goeie verskeidenheid kuns- en ander boeke verkoop.

By die Impi-bierbrouery kan jy saam met ’n heerlike artisan-bier ook ’n pizza geniet.

Sarah Cronin Designs is ’n metaalsmid wat met koper en rooikoper werk. Haar stukke is geïnspireer deur die flora van

Afrika en sy maak veral beligting en fonteintjies vir visdammetjies. Al haar werk word individueel ontwerp en gemaak

en sy werk in opdrag van kliënte se vereistes.

Helene Thomas, ’n Franse juwelier se ateljee Yol, het uitsonderlike handgemaakte juweliersware. Sy noem haarself

’n nomadejuwelier en kombineer tradisionele Afrika-kralewerk met kontemporêre ontwerpe.

Dan is daar Tshepo The Jean Maker se ateljee waar jy wel jeans van die rak kan koop, maar ook jeans volgens jou

mate kan bestel – egte Joburg-ontwerpte jeans.

134

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!