16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

SJEF ERIC BULPITT. FOTOGRAAF: CHARLES RUSSELL

Dan is daar Michel Bras na wie hy opkyk en wie se etos hom inspireer omdat hy een van die eerste sjefs was die

natuurlike styl van kook gewild gemaak het.

’n Kelner bring weer die spyskaart. Ek vra Bulpitt om ’n aanbeveling te maak. Hy stel die porcini-krummelgereg met

gebraaide witwortel en vanielje voor vir die heerlike umamigeure wat dit het en wat baie goed pas by die 2018

La Motte Chardonnay. Hy is seker ek sal daarvan hou. Ons gesels weer oor Michel Bras.

“Sy gargouillou is een van die mees inspirerende disse wat al oor en oor deur ander sjefs nagemaak en aangepas

is. Bras bly getrou aan sy geloof in seisoenale groente, blare, blomme en kruie vir die beste smake en geure. Ek

put ook baie inspirasie uit die Nordiese beweging. Die natuurlike styl maak soveel sin. Die frases ‘wortel tot saad’,

‘plaas na tafel’, ‘neus tot stert’, organies en vryloop is al byna clichés. Die ouer generasies het almal so gekook en

ek beywer my om ook so te kook. Almal moet so kook, want dit is moreel en eties reg. So bring ons dan ook die

beste kwaliteit en geure na vore.”

Bulpitt vertel dat sjefs vandag na die verlede kyk vir inspirasie. Ou tegnieke en vergete kruie en geurmiddels herleef.

Vars seisoenale groente en etiese produkte is nou op die voorgrond. Om self jou groente in die restaurant se tuin uit

te soek of eetbare plante in die veld te gaan oes, word nou deel van ’n sjef se roetine. Die gebruik van kappertjies,

fynbos, oxalis, seewier en ander eetblare plante is nou so algemeen soos pietersielie. Gisting is nog steeds groot.

Pierneef à la Motte is een van die eerste restaurante om byvoorbeeld hul eie miso en garums van plaaslike graan en

vis te maak. Charcuterie is groot en hulle gebruik aspergillus oryzae, een van die mees revolusionêre bakterieë van

die eeu vir vleis- en selfs groenteveroudering.

213

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!