16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Dit kan ewe maklik gebeur dat kinders in die spervuur van hul ouers se angste beland.

Hulle word betrek by historiese stryde; “ons” word opgestel teen “hulle”. Die ouer

generasie romantiseer die vermoeiendheid van “die goeie ou dae”. Vir die nuwe

generasie, egter, is die hier en nou die “goeie ou dae”. Die wêreld was nog nooit

minder gewelddadig en ekonomies beter af as nou nie. Vir die eerste keer in die

geskiedenis van die mensdom leef meer as die helfte van alle mense in die gemaksug

van ’n middelklas. Ons leef langer omdat ons gesonder is as ooit. En, daar was nog

nooit minder oorlogsterftes as in die tye waarin die huidige geslag migrante hul opsies

oorweeg nie.

Die oordrag van kultuur tussen generasies was eens ’n vorm van inisiasie tot die lewenservaring van ’n vorige

geslag. Kultuur en taal het die ekonomiese en politieke gemaksone geskep vir die jong nageslag, maar dit het ook

oorlewing in die onmiddellike omgewing gewaarborg. In die tye waarin ons nou leef, is daar die wesentlike gevaar

dat die emosionele verknogtheid aan ’n historiese identiteit die drif na ’n noodsaaklike intellektuele en ekonomiese

emansipasie kan striem.

Die wêreld het verander, ten spyte daarvan dat sommige onder ons steeds ’n hele geslag wil betrek by ons emotiewe

verbintenis aan taal en kultuur. Onder bruin Afrikaanssprekendes is die taal besig om na die dal van doodskaduwee

te migreer. Afrikaanse skole in histories bruin woonbuurte sterf uit. In die Wes-Kaap is daar slegs enkele moskees

waar Afrikaans nog as gebruikstaal gebesig word. By universiteite is Afrikaans as akademiese taal nie net ’n

minderheidverskynsel nie; die behoefte aan moedertaalonderrig onder wit Afrikaners is eenvoudig besig om weg te

kwyn op tersiêre vlak. Daar word nie meer werklike akademiese tekste in Afrikaans geskryf nie, die mark is nie lonend

nie. Linguisties is die wetenskap besig om aan te beweeg, en Afrikaans verloor die drif om op te vang.

Wat kultuur betref, is daar byna geen onderskeid meer tussen Afrikaans- en Engelssprekendes nie. Daar is weinig

bewyse van ’n pertinente, onderskeibare kulturele bewustheid onder Afrikaners. Wanneer en waar dit wel voorkom,

manifesteer die stryd om die behoud van bepaalde waardes in ’n karteerbare ideologiese spanning tussen wit en

swart. Taal en ideologie is egter té vervleg om die integriteit van kulturele versugting te beoordeel.

Die vraag is, hoe moet veral Afrikaanse ouers wat hul kinders groet op lughawens hierdie geografiese vervreemding

hanteer of ervaar? Die Afrikaner se stammtisch-instinkte word reeds sedert die 1990’s ontwortel as gevolg van ’n

onvermydelike kulturele sekularisasie. Die partikuliere maak plek vir die universele. Dit was waarskynlik altyd ’n

noodwendigheid in die konteks van politieke magsverlies, maar die voorreg van ’n demografiese dividend wat van

Afrikaners wêreldburgers maak, rem ook aan die naelstring tussen die ouer en die jonger geslagte.

Dit is egter, ironies genoeg, juis die akademiese wasdom van Afrikaans wat ’n hele geslag Afrikaanssprekendes

aanmoedig om die onmiddellike te verlaat vir die einders van elders. Afrikaanse skole is uiters mededingende

inkubasieruimtes vir voornemende wêreldburgers. Die kwaliteit van onderrig in Afrikaanse skole verleen ’n

aanpasbaarheid aan skoliere wat universele mobiliteit aanmoedig.

Dit is ook een van die redes vir die verengelsing van Afrikaanse universiteite; Afrikaanse studente is dikwels goed

tweetalig of word oor ’n kort tydsbestek volledig tweetalig. Ten spyte van die “bevrydingstryd” teen die koloniale

karakter van tersiêre instellings, word die beter Suid-Afrikaanse universiteite toenemend universele ruimtes waar

Afrikaanse studente met “ontstellende” gemoedsrus die besondere domein van Afrikaanse onderrig verruil vir iets so

eenvoudig as “die mees praktiese vorm van kommunikasie.”

154

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!