03.05.2013 Views

View/Open - UZSpace Home

View/Open - UZSpace Home

View/Open - UZSpace Home

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

6

laastens word kindertaalontwikkeling nie deur affektiewe faktore soos persoonlikheid,

sosialisering, motivering, houding, ens., beinvloed nie, terwyl dit by volwassenes grootliks van

toepassing is. (Let daarop dat Bley-Vroman die term "tweede teal" deur "vreemde taal"

vervang.)

1.2 DOELWITTE MET DIE ONDERRIG VAN AFRIKAANS AS TWEEDE

TAAL

Aangesien hierdie studie betrekking het op leerlinge en studente in die (voormalige)

Departement Onderwys en Opleiding wat Afrikaans aanleer, is dit raadsaam om 'n blik te werp

op wat die Departement met die onderrig van Afrikaans as tweede taal in sy skole beoog 3.

Die doelstallings word voor in elke sillabus en in die Vakbeleid yjrAfrikaans as Tweede Taal

in die Sekondere Skole (1983, 1987) genoem. In Februarie 1984 het 'n artikel in die

onderwysblad Educamus verskyn, geskryf deur N. Viljoen (Indiensopleidingsentrum), waarin

hy die ses doe/stellings noem en bespreek. Hulle is:

(a) Om die leerling te leer om Afrikaans vlot, suiwer en met vrymoedigheid te praat.

(b) Om die leerling te leer om Afrikaans logies en korrek te skryf.

(c) Om by die leerling 'n belangstelling in en Iiefde vir die Afrikaanse boekte kweek, sodat

hy uit eie beweging Afrikaans sal lees.

(d) Om die leerling te leer om die gesproke en geskrewe taal te begryp.

(e) Om die leerling vertroud te maak met die basiese beginsels van die taalstruktuur

(grammatika) as 'n middel tot die korrekte gebruik van die taal.

(1) Om die leerling vir volledige burgerskap in ons tweetalige land (sic) voor te berei vir

die eise van die volwasse lewe.

Die gewone volgorde waarin die verwerwing van taalvaardighede gerangskik word, is luister,

praat, lees en skryf. In die vorige paragraaf het ons gesien dat die volgorde praat, skryf, lees

en begrip (of luister?) is. Die vyfde doelstelling het betrekking op die leer van grammatika en

nommer ses het ten doel die voorbereiding van die leerling vir "volledige burgerskap in ons

tweetalige land". Hierdie afwyking van die erkende volgorde is 'n k1aarblyklike oorsaak van 'n

skeefgetrokke onderrigstrategie oor die afgelope jare.

In sy bespreking van die doelstellings se Viljoen 1984:12:

3 Die oorgang na nuwe formele onderwysstrukture maak m.l. nie die beskouings in hierdie

verhandeling t.o.v. die ou Departement se uitgangspunte by taalaanleer ongeldig nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!