03.05.2013 Views

View/Open - UZSpace Home

View/Open - UZSpace Home

View/Open - UZSpace Home

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2

die oorname in moedertaalgebruik van aspekte van die grammatika van 'n

ander taal (Van Wyk 1976:142).

In 'n vroeere publikasie se hy (Van Wyk 1966:29-32): "Die toepassing van sisteemnorme van

'n primere taal op 'n sekondere taal kan ons versteurings van Ig. deur e.g. noern", Hy se ook

dat die versteuringsfrekwensie in iemand se gebruik van 'n taal afhang van die graad van

versteuring, m.a.w. die taal kan so versteur wees dat dit onverstaanbaar word vir die hoorder

of dit kan ongemerk by Ig.verbygaan. Die frekwensie van versteurings wissel ook van situasie

tot situasie. Versteuringsverskynsels is onstabiel en personaal omdat dit van persoon tot

persoon en van geleentheid tot geleentheid by dieselfde persoon wissel (Van Wyk 1976:142).

Verder kan dit deur psigo- of ander ekstra-Iinguistiese faktore beinvloed word, bv. aangebore

taalaanleg, die manier waarop die sekondere taal aangeleer is, die aard van die

gespreksituasie en die spreker se gemoeds- en Iiggaamstoestand. Die

versteuringsfrekwensie sal hoer wees by die parsoon wie se primere taalsisteem tipologies

die verste van die van die sekondere taal staan. Versteurings wat terugvoerbaar is na die

primere taal van die spreker noem hy basiese versteurings en die wat ander oorsake het,

noem hy addisionele versteurings, bv. ekstra-Iinguistiese addisionele versteurings wat

fisiologiese, psigologiese en ander nie-taalkundige oorsake het, en Iinguistiese addisionele

versteurings wat terugvoerbaar is na ander sisteme as die van die primere taal, 5005 kennis

van meer as een sekondsre taal. Verder onderskei hy tussen 'n algemeneversteuring waartoe

aile, of die meeste, sprekers van 'n taal neig, en 'n sporadiese versteuring wat by sekere

sprekers opgemerk word. Laastens noem hy hardnekkige versteurings wat by 'n spreker bly

voortbestaan al het hy die meeste ander versteurings geelimineer, en yerbygaande

versteurings, wat betreklik gou verdwyn wanneer 'n spreker se beheer oar 'n sekondere taal

verbeter.

Die begrip "Ieksikaal gedifferensieerd" beteken die gebruik van 'n woord in die primere taal

met sommige van sy kenmerke behorende tot die primere taal en die ander tot 'n sekondere

taal. Ek noem hier die voorbeeld van die Sothowoord "molekane", wat "eggenoot" beteken.

In Zoeloe bestaan die woord "umlingani", wat beteken "die ouer van my seun of dogter se

eggenoot", d.w.s. 'n gedeelte van die betekenis van die Afrikaans woord "swaer" of

"skoonsuster". Hierdie Zoefoewoord word in sekere gevalle met die Sotho-betekenis gebruik

en in daardie geval het dit die semantiese kenmerke van Sotho terwyl dit die fonologiese en

sintakties-morfologiese kenmerke van Zoeloe behou.

Daar moet onderskei word tussen primere en sekonders taalverwerwing. Die primere taal

word volgens Van Wyk verwerf

gedurende die kleuterstadium of voor die einde van die sesde lewensjaar,

gedurende die periode wanneer die mens se primere verwerwingsvermoe

aktief is en wanneer die kind intensief en langdurig, veral in die interaksie met

sy ma, blootgestel word aan die taal wat verwerf word (Ponelis 1978:119-149).

Gedurende hierdie fase word die primere taal volledig geintemaliseer en die taalvaardighede

volkome ontwikkel. Sekondere tale word hoofsaaklik deur formele onderrig geleer, wat

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!