03.05.2013 Views

View/Open - UZSpace Home

View/Open - UZSpace Home

View/Open - UZSpace Home

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

21

In die 25 inspeksiekringe van die Departement van Onderwys en Kultuur van Kwalulu was

daar in 1991 1 124857 primere-skoolleerlinge en 347 189 sekondere-skoolleerlinge, van wie

die gemiddelde ouderdom tussen 12 en 22 jaar oud was (KwaZulu Government Service

Annual Report 1991:62). Door die toepassing van die "randomization"-metode (volgens die

ewekansigheidsbeginsel) of die sg. "Table of Random Numbers Method" (Leedy

1980:147-151) is nege inspeksiekringe vir die ondersoek gekies. Omdat die hoofsaak hier die

vergelyking van sekondere-skoolleerlinge en primere-skoolleerlinge se Afrikans is, asook die

verskil tussen die Afrikaans van respondente van meer geindustrialiseerde gebiede en die

van rninder geindustrialiseerde gebiede, het ek besluit om die olldersoek tot twee

inspeksiekringe te beperk, nl. Hlabisa (minder geindustriaJiseerd) en Mehlwesizwe (meer

geindustriaJiseerd). Danksy die verteenwoordigende aard van hierdie twee gebiede, behoort

die resultate van die ondersoek veralgemeen te kan word. Aangesien die leerlingbevolking

uit verskillende klasse bestaan, bv. st. 8, 9, 10, ens., is die gestratifiseerde ewekansige

steekproefneming-metode ("stratified random sampling") (Leedy 1980: 156-157) gebruik om

skole en respondente te selekteer. Bylae 4.

Nog 'n belangrike punt word deur Webb genoem wat spesiaJe betrekking het op hierdie

ondersoek. Hymaan teen die verkryging van data "in die skooltyd via die skoolhoof." Hy se

dit is teen-produktief, want die veldwerker word geassosieer met die gesagsorde en die

respondent verstrek slegs die inligting (ook wat taalnorme betref) wat hy meen gewens is of

die veldwerker "wil hoor", tweedens omdat die fisiese situasie ('n skoolgebou ...) spontane

orngangstaaJ smoor, derdens omdat skoolhoofde slegs hul goeie skoliere toefaat orn met

(suspisieuse) vreemdelinge te gesels, en vierdens omdat die skoolbevolking in sommige

gevalle buitendien 'n skewe steekproef gaan opJewer.

Dis verstandiger om jou jong informante van die straat afte wert (1983:236).

Maar in die huidige politiek onbestendige 'en gewelddadige situasie was dit nie altyd 'n

praktiese en veilige voorstel nie. Daarom is die onderhoude tydens skoolure gevoer nadat die

leerlinge die dag se eksamenvraestelle geskryf het. (Dit was in November 1993.)

2.4SAMEVATTING

In hierdie hoofstuk is die driefedige doel van die ondersoek bespreek. Daarna is die

navorsingsmetodologie bespreek, wat kwantitatieflbeskrywend is. Die

dataverkrygingsmetode is vervolgens bespreek, nl. die gebruik van 'n vraelys en opnames.

Daar is verder daarop gewys dat die onderhoud so gestruktureer is dat dit die leerling se

"verwagtings, logika en beperkings" in ag neam en dat syl haar belangstelling geprikkel word.

Laastens is uiteengesit hoe respondente gekies is.

In die volgende hoofstuk gaan gekyk word na die Swart tale van SUid-Afrika, die sosiaJe en

historiese agtergrond van die Zoefoes en die taaJsituasiein die ondersoekgebied.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!