03.05.2013 Views

View/Open - UZSpace Home

View/Open - UZSpace Home

View/Open - UZSpace Home

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

4

Foreign language learning takes place where the language to be learned is not

the native language of the society, i.e. leaming English as a foreign language

in Japan. second language learning takes place in a country where the

language is spoken, i.e. leaming English as a second language in the United

States. This difference in setting is of very great practical importance to

teachers.

EF Kotze 1994 gaan verder om die onderskeid tussen vreemde taal-en derde taal in die

konteks van taalonderrig te maak. Volgens hom word 'n derde taal onderrig "in kontekste waar

geleenthede tot toepassing van die verworwe taalkennis buite die klaskamer geskep moet

word, hoewel die student nie die taal ab initio (d.w.s. as 'n vreemde taal) aanleer nie". 'n

Vreemde taal, net soos 'n derde taal word volgens hom "in afhanklikheid van spesiale

geleenthede buite die k1askamer aangeleer...., maar dan sonder enige bekendheid met die

taal of'n varieteit daarvan." En omdat die studente by die Universiteit van Zoeloeland alreeds

'n varieteit van Afrikaans verwerf het, is Afrikaans vir hulle beslis geen vreemde taal nie.

Die term "tweede taal" sluit ook derde en vierde taal in. Die vraag ontstaan hier of Afrikaans

in sekere dele van die ondersoekgebied nie 'n vreemde taal is nie (en dus volgens

vreemdetaalbeginsels onderrig moet word). Is dit nie dalk 'n foutiewe aanname en beleid dat

almal by die skole die tweedetaalsillabus wat virEngelssprekende T2-leerlinge bedoel is, moet

volg nie ? Hierdie vraag is 'n reaksie op Bley-Vroman (1990:4) se kommentaar dat daar in die

laaste dekade by onderwysowerhede die nosie ontwikkel het

that the same fundamental process controls both the child's learning of a first

language and the adult's learning of a foreign language.

Hierdie gesigspunt kristalliseer, volgens Bley-Vroman, in die boek Language Two (Dulay,

Burt and Krashen 1982: 20) en word gebruik in die basiese opleiding van 'n generasie

tweedetaalverwerwingsnavorsers.

Bley-Vroman is egter van mening dat eerstetaalverwerwing en vreemdetaalaanleer twee

versklllende prosesse is. 'n Kind het 'n ingebore taalverwerwingsmeganisme wat hom lei in

sy verwerwing van taal. Daar bestaan die moontlikheid dat hierdie sisteem nie meer in

volwassenes se vreemdetaalaanleer optree nie. As dit wei die geval is, is die werklng daarvan

gedeeltelik en onvolledig. Dit verklaar hoekom vreemdetaalaanleer gewoonlik 'n moeilike en

meestal onsuksesvolle taak is. Hierdie siening word gewoonlik geassosieer met Lenneberg

se "Critical Period Hypothesis". Volgens Bley-Vroman kan vreemdetaalaanleervergelyk word

met'...general adult problem-solving and not child language development".

Bley-Vroman bespreek tien grondliggende kenmerke van volwassene vreemdetaalaanleer,

waarvan ek sommige hier wil uitlig. Eerstens is daar 'n merkwaardige tekort aan sukses of

perfekte bemeestering van die vreemde taa!. Dit, in teenstelling met eenvormige sukses in

kinders, ondersteun nie die siening dat eerste- en tweede- of vreemdetaalaanleer dieselfde

isoie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!