27.11.2020 Views

AA Reisiger SOMER2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Naweekwegbreek

Holingsberg

Ek is sowat

drie jaar

gelede

behoorlik aan

diedorop

bekendgestel

en hetdaarna

al 'n paar keer

teruggekeer.

Die Longtompas isgenoem na

die kanonne wat tydens die Anglo-

Boereoorlog op die hange van die

Mauchsberg tussen Lydenburg enSabie

afgespeel het. Dit was die oorspronklike

roete wat die transportyers tussen

Mosambiek enLydenburg gevolg het.

Die roete tuimel oor 'nbult wat die

Duiwel se Kneukels genoem word, waar

’n replika van die kanon staan waarna

die pas vernoem is.

As jy tyd het, draai in by Hops Hollow

Country House and Brewery enkoop

iets vir vanaand se braai. Teen ’n hoogte

van 2070 meter boseevlak, beweer hulle

dis die "hoogste brouery inAfrika". Die

brouery het ses biere, onder meer een

met rooibos en heuning, wat Leila on

the Lash genoem word –dis slang vir

’n Ierse partytjiemeisie. Maar moenie

dit drink vóór jy vanaand die vuur

AnvilAle

Brewpub

aangesteek het nie.

Ons draai by Walkersons-hotel &

Spa invir middagete, dis 17kmvoor

die dorp. Die restaurant The Flying

Scotsman word dikwels aanbeveel,

spesifiek vir sy skons en"high tea", maar

ek word telkens verlei deur die Highland

Platter en’nglas wyn. Die skottel is

gelaai met baguettes, kouevleis, forel,

konfyte, tapenades, pesto's enkase.

Mense stroom hierheen om iets van

die lewe opdie platteland te ervaar:

goeie kos, kunsvlieghengel, perdry

en stap –enWalkersons is nie die

enigste landgoed indie omgewing

waar mense tot stilstand kan kom nie.

Daar is ook die Highland Gate Golf

and Trout Estate, waar die gholfbaan

deur Ernie Els ontwerp is. Ek is nie juis

’n gholfspeler nie enverkies omdie

landgoed se Watervalstaproete tebenut

–dit kronkel langs die valle van die

Kareekraalspruit.

Oorweeg ook Dunkeld Country and

Equestrian Estate –dis op ’n grondpad

onderweg nadie dorpie Tonteldoos.

Hier kan jyperdry, stap, opjou bergfiets

baljaar ofdie landgoed se foreltelery

besoek.

DRANKIEBYDUCHESS

As jy die dorp van Lydenburg se kant

binnery, verskyn die Anvil AleBrewpub

regs van jou. Dis ’n landelike gebou

met klimop teen die klipmure. Die

eienaar Theo deBeer brou aldie

afgelope 30jaar bier en verlei kliënte

met gratis proesels van hul sewe biere.

Sommige daarvan isalinternasionaal

>

19

Elandskloof

SOMER 2020 | AA Reisiger

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!