27.11.2020 Views

AA Reisiger SOMER2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Vandie uitvoerendehoof

Wees sterkin2021

Liewe AA-lid

Ek,soosekglo baie vanjulle, kan nie

wag om2020 inmytruspieëls tesien

nie. Hoewel dit ’n besige tyd bydie AA

was enons verskeie projekte afgehandel

het (ten spyte van die inperking), was

hierdie vir baie van ons nie ’n maklike

jaar nie. Ek kan nie wag om’nnuwe

begin inJanuarie temaak nie.

Aan die begin van 2020 het ons

vir onsself doelwitte gestel as deel

van Visie 2030, wat ’n digitale projek

is wat opveiligheid en gerief fokus.

Ons wil produkte en dienste aan ons

lede lewer wat hul lewens makliker

en veiliger maak. Asdeel hiervan het

ons vroeër vanjaar AA Connected Car

en AA Autofacts bekendgestel. Daar

is nog produkte wat in die komende

maande kom, enekisopgewonde dat

die AAindaardie rigting beweeg.

Terwyl ekuitsien na die nuwe jaar

en nuwe uitdagings, isekbekommerd

oor jou regte in2021. Een van die

JA,2020WAS 'N MOEILIKE JAAR,MAARDIE

LAASTE STUK WASREEDSFANTASTIES.EKIS

VOLVERTROUE DATDIE NUWE JAAR SELFS

BETERVOORUITSIGTEINHOU.

kwessies wat jou regte beïnvloed, is

die swak dienslewering byverskeie

Lisensietoetssentrums landwyd. Baie van

julle, en baie nie-lede, het ons gekontak

met stories van lang rye, onvoldoende

personeel, toerusting wat kort-kort

breek enrekenaars wat die kantoor in die

steek laat. Dit isalles dinge wat verhoed

dat jywettig opdie pad bly. Dis ’n saak

waarvan ons bewus isenwat ons aanroer

(en sal aanhou aanroer) namens jou.

Nog ’n bron van kommer isdie

beoogde implementering van die wet

op die Administratiewe Beregtiging

van Padverkeersoortredings (Aarto) in

Julie 2021. Ons het verskeie kwessies

uitgelig wat ons glo inbreuk maak op

jou regte, en wat ons glo uit die wet

geskrap moet word. Besoek asseblief

ons webwerf (aa.co.za) enlees ons

volledige voorlegging of’nopsomming

daarvan. Dit isregtig injou belang dat

jy ingelig isoor hierdie wetgewing.

Maar ongeag dit, asmotoriste moet

ons verantwoordelikheid aanvaar vir

ons aksies. Ons kan dit doen deur seker

te maak ons voertuie ensleepgoed

(ook bote en woonwaens) is in ’n goeie

toestand voordat ons aan die einde

van die jaar gaan vakansie hou. Nog

’n manier is om die padverkeerswette

te gehoorsaam, bedagsaam te wees

teenoor ander motoriste, en’ngoeie

voorbeeld aan jong passasiers te

stel, veral dié wat binnekort self

agter die stuur gaan inskuif.

Ja, 2020 was ’n moeilike jaar, maar

die laaste stuk was reeds fantasties. Ek

is vol vertroue dat die nuwe jaar selfs

beter vooruitsigte inhou. Ekisoortuig

die struikelblokke wat ons in2020 moes

oorkom, sal ons sterker maak in2021. My

boodskap aan julle is om nooit optegee

nie enomuitdagings te verwelkom. Ek

glo dis deel van Suid-Afrikaners seDNS.

As jy in die vakansie op die pad gaan

wees, bestuur asseblief versigtig en

pas jouself en jou geliefdes mooi op.

Ek sien uit nadie nuwe jaar englo ons

gaan almal heelhuids daar aankom.

Ons vennote by Media24 het weer ’n

wonderlike tydskrif saamgestel, endit

wys weer inwatter ongelooflike land ons

woon. Ekisveral mal oor die artikel oor

hoe ‘graffiti’ Johannesburg verfraai. Ekis

seker as jy die tydskrif deurblaai, sal jy

geïnspireer wees omhierdie mooi land

te verken #OndeursteunSAToerisme.

Die AAheg waarde aan jou

lidmaatskap van die assosiasie.

Sonder jou ondersteuning sou ons

nie kon doen wat ons doen nie.

Groete

Willem Groenewald

UITVOERENDE HOOF|AASA

7

SOMER 2020 | AA Reisiger

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!