27.11.2020 Views

AA Reisiger SOMER2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Naweekwegbreek

GOED

OM TE

WEET

HOE KOMJYDAAR

As jy uitJohannesburg ry,neemdie

N12naEmalahleni (Witbank), die N4

na Belfastenrydie laaste stuk op

dieR540(250kmintotaal).

WAAR OM TE BLY

Elandskloof-forelplaas is 14 km

buitedie dorp,op'ngrondpad

in dierigtingvan eNtokozweni

(Machadodorp). Hulleis

troeteldiervriendelik.Kampplekke,

kothuise en chalets is beskikbaar.

071698 7845,elandskloof.co.za

Dullstroom CountryCottages,

9kmuit diedorpindie rigtingvan

Lydenburg, hetagt selfsorg-eenhede

vir2tot 6mense.Picnic Cottage

is in 'n dennewoud geleëenkyk

uitoor 'n waterval.082 3389458,

dullstroomcountrycottages.co.za

mooi kyk inNaledirylaan, sal jyThe

Smokey Owl weggesteek vind. Dit voel

soos ’ngeheime boekwinkel uit Harry

Potter seDiagon Alley. Hier kry jy hope

Africana-boeke, eerste uitgawes en

versamelaarsartikels. Agterin die winkel

kan jyweer pype, roltabak en sigare

koop.

Nadat ons ons voorraad leesstof

aangevulhet, kies ekenHancu koers

na Dullstroom on the Dam vir ’nlekker

namiddagstappie. Die dam isindie

Dullstroom-natuurreservaat aan die

buitewyke van die dorp geleë. Hier kan

jy jou tent opslaan, visvang, perdry en

deelneem aan die "hoogste Parkrun in

die land", ’nroete wat twee keer omdie

dam loop.

Ons volg die Steenkampsbergstaproete

teen die berg uit wat bo die

dam uittoring, sowat 2kmheen enterug

vanaf die parkeerterrein. Van bo af het jy

’n mooi uitsig oor die dorp.

DIENATUUR

Daardie aand kampeer ons bydie

Elandskloof-forelplaas. Ons lê in ons

tent en hoor die jakkalse roep –soms

tot vier gelyk. Die plaas huisves ook

troppe sebras, wildebeeste, damherte

en donkies. Die plaas is al vir sewe

geslagte in die Combrink-familie en die

11 foreldamme op die plaas is ’n gewilde

trekpleister.

Danksy die Milly's-forelstalletjie op

die dorp braai ons die aand forelfilette

voordat ons knus in ons tent gaan slaap.

Teen dagbreek draf die perde enskape

langs die oewer van die dam en ons

begin tent afslaan om huiswaarts tekeer.

Op pad terug deur die dorp ryons

verby die Dullstroom-rehabilitasiesentrum

vir roofvoëls. Ekwas vantevore

al hier vir ’nvliegdemonstrasie. Ons

is voorgestel aan Daffy die gevlekte

ooruil, Hali die visarend, enRooney die

sekretarisvoël. Magdali Theron bied die

vliegdemonstrasies aan omdie publiek

in te lig endie roofvoëls oefening tegee.

Die sentrum probeer bewustheid van

roofvoëls verbeter enhul lot asbedreigde

voëls belig. Die sentrum sien ook om na

beseerde voëls enweeskuikens.

“Die tydperk van inperking was finansieel

stresvol. Ons was bang dat ons nie

sou kon heropen nie –maar hier isons

nog, danksy ons ondersteuners. Ons is

ongelooflik dankbaar,” sêMagdali.

Hulle het tydens die eerste naweek van

September heropen en Magdali erken

hulle was bekommerd oor die voëls se

reaksie –hulle het vir vyfmaande geen

besoekers gesien nie.

“Die gaste was inekstase oor die voëls

se manewales, en die voëls het dit net so

geniet om vir die gaste tevlieg. Dit was ’n

groot sukses,” sêMagdali laggend. “Ons

het tot honderd besoekers per dag hier

gehad.”

Ons ryterug oor die Longtompas

met ligte harte, danksy die voëls,

waterstrome, boeke, kos ...endie mense.

Dullstroom is nog die Dullstroom wat

ons leer ken en liefkry het, danksy die

deursettingsvermoë van die locals en die

steun van die dorp seaanhangers.

Dullies is nie net dierbaar nie, dis ook

doelgerig.

21

Holingsberg FlyFishing bestaan

uittwee grootplase en vier afgeleë

huisemet uitsigte oorgraslande

en foreldamme. Ons vriendehet

twee jaar gelede virons die Oom

Org-chaletas'ntrougeskenk

bespreek –dis ideaal vir'nromantiesewegbreek.

083253 5371,

holingsberg.co.za

VIRMEERINLIGTING,

besoekiDullstroomsewebwerf

virverblyfbesprekings, geleenthede

en aktiwiteiteindie omgewing,

013254 0020,dullstroom.co.za

Walkersons Hotel&Spa

SOMER 2020 | AA Reisiger

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!