27.11.2020 Views

AA Reisiger SOMER2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Resepte

BLIKBORDPIZZA

Vir 2pizzas

Voorbereiding 20 minute,

plus rustyd

Baktyd 15 minute

500 gwinkeldeeg of een

uitgerysde hoeveelheid van

die 24-uur-potbrooddeeg

(resep op bl. 54)

4eetlepels kookolie

1½ koppies tamatiepassata of

gebottelde bolognesesous

4kaasworsies, inskyfies gesny

2koppies gerasperde mozzarella

’n hand vol kersietamaties,

middeldeur gesny

2eetlepels vars origanumblaartjies

1 Verdeel die uitgerysde deeg

in 2bolle en rol dit op ’n meelbestrooide

oppervlak uit in

sirkels van ongeveer 30 cm in

deursnee. Bedek dit losweg met

kleefplastiek en laat dit vir 1uur rys.

2 Smeer 2diep blikborde (sowat

25 cm in deursnee) met 2eetlepels

olie elk. Lig ’n deegsirkel op, druk

enige lugborrels wat gevorm het,

versigtig met jou vingers uit, en

trek die deegsirkel groter. Drapeer

die deeg oor ’n bord endruk dit

liggies teen die bord se bodem en

rand vas –die deeg moet ongeveer

3cmoor die rand hang. Doen

dieselfde met die ander deegsirkel.

3 Skep ’n ¾koppie sous op elke

deegsirkel en smeer dit met ’n

houtlepel tot teen die rand van die

bord. Versprei die wors en kaas oor

die pizza –sorg dat nie alles in die

middel lê nie. Vou nou die deeg wat

nog oor die rand hang, terug oor die

pizza. Sprinkel die kersietamaties

en origanum oor die pizza.

4Sit die twee borde op die rooster

in ’n warm ketelbraai en sit die

deksel op. Die pizzas behoort

ná 15 minute gaar te wees. (Jy

kan dit ook vir dieselfde tyd oop

in ’n oond van 220 °Cbak.)

ROLLETJIEMET GEVLOKTE VARK

Vir 12 broodjies

Voorbereiding 5minute, plus marineertyd

Gaarmaaktyd 3uur

2uie, fyngekap

4knoffelhuisies, fyngekap

1blik (410 g)tamaties, gekap

2koppies gekoopte braaimarinade

2kgontbeende varkblad (“shoulder”)

of beesdikrib (“chuck”)

±2koppies water

12 roosterkoeke ofhamburgerrolletjies

ROLLETJIE MET

GEVLOKTE VARK

BLIKBORDPIZZA

1 Meng die ui, knoffel entamaties met die

braaimarinade. Sit die vleis in ’n plastieksakkie,

gooi die marinade oor en verseël dit. In

die yskas sal dit vir tot 4dae hou.

2 Sit die vleis met die marinade in ’n swartpot

en sit die deksel op. Verhit dit tot kookpunt

en verlaag dan dadelik die hitte sodat dit vir

2­3 uur prut. Voeg die water bietjies­bietjies

by om te verhoed dat die vleis droogkook.

3 Skep die vleis uit enlaat dit eenkant afkoel. Sit

solank die pot met sous terug opdie vuur en laat

dit sonder die deksel prut totdat die sous dik is.

4 Trek die vleis met twee vurke uitmekaar sodat

jy dun repies vleis het. Skep die gevlokte vleis

terug bydie sous en gooi sout en peper by.

5 Sit ’n skeppie voor op rolletjies of

roosterkoek en sit voor met suurkool.

53

WENK Maak jou eiebraaisous deur ½koppie

tamatiesous, ¾koppie witwynasyn en ¼koppie

bruinsuiker te meng.Roer dan 1teelepel gerookte

paprika, 2teelepels fyn komyn, 2eetlepels

Dijon-mosterd en2teelepels rissievlokkies by. >

SOMER 2020 | AA Reisiger

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!