27.11.2020 Views

AA Reisiger SOMER2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Boeke

LEES &

Geniet!

ONDERREDAKSIEVAN GERDAENGELBRECHT

Desember en Januarieistyd om dieskoene uit

te skop en te lees.Hier is ’n keur uitdie beste

boekewat dielaastepaarmaandeverskyn het.

Nowfor SomethingSweet

DEUR DIEMONDAYMORNING

COOKINGCLUB. UITGEGEE HARPER

COLLINS. PRYS ONBEKEND

Die klub bestaan uit vier Australiese

vroue van Joodse afkoms (Merelyn

Chalmers, Lisa Goldberg, Natanya Eskin

en Jacqui Israel) wat die afgelope 15jaar

gereeld bymekaar kom om die resepte

van hul gemeenskap te versamel, te

toets enmet die wêreld tedeel.

Now for Something Sweet is ’n lywige

boek met soetgoedresepte reguit uit

die hemel uit. Dit begin by ’n hoofstuk

oor koekies vir die vakansiekoekblik, en

vorder tot by

koeke, terte en

fyngebak en

nageregte. Dis

een dikke fees!

Ideaal vir die

gesin wat ’n

nuwe bederf vir

hierdie tyd van

die jaar soek.

Jan–AbreathofFrenchAir

DEUR JANHENDRIK VANDER WESTHUIZEN. UITGEGEE

DEUR PENGUINRANDOM HOUSE. PRYS R439

Jan is’nMichelin-ster sjef wat geen bekendstelling nodig het nie.

Jan –ABreath of French Air is ’n deel outobiografie (sy eerste jare

in die bedryf ensyrestaurant inNice) en deel resepte.

Die resepte is ingedeel in hoofstukke vir brood (boulangerie),

peuselhappies, groente, vleis, vis, sop, kase, gebak, nagereg en

sous. Dis ’n magiese reis van 256 bladsye, waar Suid-Afrikaanse

geregte (souttert, mosbolletjies) gemaklik hul lê kry tussen

internasionale cuisine. Dis ’nuitstekende geskenk vir fynproewers.

Johanne 14

–RealSouth

AfricanFood

DEUR HOPE

MALAU.

UITGEGEE DEUR

QUIVERTREE.

PRYS R176

Hierdie is’nskatkis

van SAresepte.

“Johanne 14” is’nverwysing na die Bybelse

Johannes 14:1 (“Julle moenie ontsteld wees

nie. ..”) en ’n township-naam vir kopkool,

verduidelik Hope in sy voorwoord. Omdat

kopkool soveelsydig en bekostigbaar is, het jy

geen rede tot kommer solank jy kopkool indie

huis het nie.

Die resepte sluit die hele spektrum van SA

disse in. Daar is hoenderpote, beeshoewe

en skaapkop, maar ook pap enwors, bunny

chows, kerrie-afval, beesstert, koeksisters én

koesisters, en melktert. Daar isselfs ’n resep

vir umqombothi! Hope seresepte herinner my

opnuut dat Suid-Afrikaanse gemeenskappe

baie meer dinge het wat hulle verenig, aswat

hulle verdeel. ’n Fantastiese boek!

JanBraai

–Braaibroodjies en

burgers

UITGEGEEDEUR NB. PRYS

R279

Hiérdie Jan is óók ’nlekker ou

Jan. Jan Scannell, oftewel Jan

Braai, is die onbetwiste braaikoning

van Suid-Afrika en die ou

wat die kole stook vir Braaidag

(en dan heeljaar die vuur aan die

brand hou). Braaibroodjies en

burgers is’npragpublikasie wat

sal bevestig dat die braaibroodjie

nie nét ’n bykos bytjops enwors

is nie, maar tot die hoofmaal

verhef kan word. Van die resepte

is so grênd jy kan dit vir jou

skoonma voorsit, (soos die ysteebraaibroodjie,

wat geroosterde

murgpampoentjie bevat), tot by

die karamelbraaibroodjie, wat ’n

wenner vir nagereg is. Ek gaan

die wafelbraaibroodjie toets,

en ek kan myvoorstel dat die

macaroni-en-kaas-braaibroodjie

gewild sal wees byrugby- en

koshuisbraaie.

57

SOMER 2020 | AA Reisiger

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!