27.11.2020 Views

AA Reisiger SOMER2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Geskenkgids

48

CANON IVYREC EN CANON POWERSHOTZOOM

Canon het ’ngoeie jaar gehad met grensverskuiwende (maar peperduur) kameras

in hul spieëllose reeks. Aan die onder punt van die mark het hulle egter ook met

twee innoverende produkte verras, wat ek vir ’n week kon leen om te toets. Die

kleurryke Canon Ivy (bo) is ooglopend op’njonger mark gerig. Die knip (hoekom

het niemand nog daaraan gedink nie?) heg maklik aan ’n rugsak vas, maar dien

ook aseenvoudige beeldvinder ("viewfinder"). Die kamera neem 13 megapixelfoto’s

en volle HD-video met 60 rame per sekonde. Dis skok- en waterbestand,

maar kan nie foto’s en video’s onder water neem nie. Die lens is nie heeltemal so

wyd soos aksiekameras nie, maar dit was heeltemal wyd genoeg. As Canon belê

in een oftwee monteerstukke waarmee dit op’npaneelbord ofhelm vasgesit kan

word, sal hierdie soos soetkoek verkoop.

Die Powershot Zoom (onder) is’nbuks met ’n superzoem wat in jou handpalm pas.

Die Powershot Zoom weeg 460 gram, en het ’n400 mm- optiese zoemlens en

800 mm- digitale zoemlens. Dis soos ’nteleskoop wat video’s (volle HD) en foto’s

(12 megapixel) neem –ideaal vir voëlkykers. Die gehalte het myverras.

PRYS R2999 (Canon Ivy Rec) ensowat R6999 (onbevestig) vir die Powershot

Zoom by orms.co.za

BEELINE

Ek wil nie my dure selfoon

op die Vespa monteer waar

dit aan wind enweer (en

grypdiewe) blootgestel is

nie. Beeline seinnoverende

toestel issogroot soos

’n groterige sakhorlosie

en word diskreet op die

paneelbord vasgesit. Die

app op jou foon, wat jy

veilig in jou bagasieboks

kan wegsluit, stuur rigtingaanwysings

na die gesiggie

wat vir jou die pad met

eenvoudige pyle aandui.

Die app teken ook jou roete

aan. Dit werk uitstekend en

kos duisende minder as’n

motorfiets-GPS. Die Beeline

is ook geskik vir fietsryers!

PRYS R899 by loot.co.za

Hierdieprodukteisdeurdie redaksie uitgekiesendie onderskeie vervaardigershet geen insaedaarin gehad of virdie blootstellingbetaal nie. Alle prysekan sonderkennisgewing

verander en maak nie voorsieningvir aflewering nie. Die redaksie kannie verantwoordelikheidaanvaar virbestellingsnie.

AAReisiger | SOMER 2020

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!