27.11.2020 Views

AA Reisiger SOMER2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Top-9

NOORDWES

BushbuckHill-staproete

Verwag rotsagtige gebiede en uiteenlopende

flora enfauna op die staproete

op die Bushbuck Hills-natuurreservaat

naby die Swartruggens. Daar is ’n klomp

sirkelroetes wat vir jou staproetes bied

vanaf ’n maklike 2kmtot ’n taamlike

uitdagende tweedag-staproete.

Die eerste dag begin by Huis

Kiepersol, waar jykan oornag, en is 9km

lank. Jystap deur bosveld, verby ou

krale en groot vyebome, doringbome

en aalwyne tot bydie golwende

heuwels van Pilanesberg. Daar volg jy

’n bergstroom deur ’n digbegroeide

kloof, waar jy dalk koedoe enbosbokke

sal sien. Sommige van die aalwyne is

hoër as 10 meter endie koraalbome is

asemrowend. Kyk uit vir jangroentjies,

bromvoëls enwielewale. Koel af in die

swemgat voordat jydeur plate proteas

op die plato stap, en deur graslande

waar jy kameelperd, blesbok enrooihartebees

ensebras sal sien.

Geniet die panoramas vanaf die

Koedoe-uitkykpunt voordat jy by die

basiese Marlothi-berghut aankom.

Op dag 2kan jykies tussen ’n

roete oor 12k of15km, terug tot by

die beginpunt. Albei bied wonderlike

geleentheid vir wild- en voëlkyk,

en lekker swemkans. Opdie 12 km

lange roete sal jyverby 'n uilbroeiplek

verbystap.

Slenterstapopsies (waar jou sak

vervoer word) is beskikbaar.

KONTAK: 082776 5540,

info@fagalavoet.co.za,

www.fagalavoet.co.za

Foto's: Shaen Adey,Fiona McIntosh,Kaarte: GalloImages/GettyImages

MPUMALANGA

Blyderivier-canyon-staproete

Hierdie matige staproete van 30kmneem jou

verby Paradyskamp opdie God’s Windowsirkelroete

net buite Graskop tot by een van

Mpumalanga se indrukwekkendste

natuurlike attraksies, die Bourke’s Luckkolkgate.

Dis normaalweg ’n driedagstaproete, maar

omdat die hut byWatervalspruit tans opgeknap

word, moet jydie eerste twee

dae kombineer. Sorg dus dat jy vroeg indie pad

val vir die 16,5km tot bydie Coldstream-hut.

Die roete loop aanvanklik deur graslande, wat

dikwels vroegoggend mistig is. Daarna neem

dit jou na die rotsagtige Treurvallei, waar jy gaan

oornag.

Volg die volgende oggend die rivier verby die New

Chum-waterval, en sien waar die Blyde (blye) en

Treurriviere ineenvloei -die begin van die dramatiese

Blyderivier-canyon.

Van daar afisdit nie ver tot by die eindpunt bydie ou

mynhut byBourke’s Luck nie.

Los genoeg tyd dat jydie rotsformasies enbrûe kan

verken.

KONTAK: 013759 5373,

reservations@mtpa.co.za

www.mpumalanga.com

>

25

SOMER 2020 | AA Reisiger

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!