27.11.2020 Views

AA Reisiger SOMER2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Top-9

VRYSTAAT

DieSfinks-staproete

Die Sfinks-roete, wat oor 22kmstrek en ’n

matige moeilikheidsgraad het, is een van

twee oornagstaproetes indie Moolmanshoekprivaatnatuurreservaat.

Die roete sal jou hope kans

gee omdie besonderse sandsteenheuwels van die

Oos-Vrystaat te beleef. Die reservaat is’nvoëlparadys

waar jy tot die pragtige witkruisarend sal teëkom. Hier

is ook ’n groot verskeidenheid wilde diere, soos sebra,

blesbok eneland, sowel asdie skugter rooiribbok,

duiker en steenbok.

Jy vertrek vanaf die Langesnek-basiskamp,

waar daar gemaklike verblyf in’nstappershut met

gedeelde akkommodasie is, en die roete neem jou

oor die oop grasvlaktes en valleie, deur strome indie

rigting van die berge.

’n Paar rotspoele verskaf die perfekte rusplek voor

die groot klim van die dag na ’n uitkykpunt waar jyop

’nhelder dag die ikoniese heuwels van Golden Gate

naby Clarens gaan sien. Asjyselfs ’n beter uitsig wil

hê, los jou rugsak hier enklouter die Visierkerf-berg

(2407 m). As jy weer terug is by jou rugsak, begin jou

op die kontoere van die Sfinks loop, ’n pad wat jou

deur groen inheemse woude enrotskolke neem tot

by die oornaghut. Hier kan jyafkoel in’nnatuurlike

rotspoel of die voëls bydie dam dophou.

Op dag 2het jy twee roete-opsies wat albei 7km

lank is – ’n maklike wandeling op’ntweespoorpad,

of ’n moeiliker pad wat op die kontoere van die twee

Piramied-berge loop. Asjyasem het, klim die Eerste

Piramied. Kry dan lafenis in die sandsteen-reservoir

voordat jyterugkeer naLangesnek.

Die roete is oop van 1Oktober tot 31Mei. Daar is’n

slenterstapopsie (waar jou sak vervoer word).

KONTAK: 051933 2220,info@moolmanshoek.co.za,

www.moolmanshoek.co.za

>

23

Op 'n helderdag kanjy

diekoppies vanGolden

Gate naby Clarensvan

hier af sien.

SOMER 2020 | AA Reisiger

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!