27.11.2020 Views

AA Reisiger SOMER2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

24

LIMPOPO

Magoebaskloofstaproete

Dis een van die land se mees bekendste

oornagstaproetes en’nfassinerende

roete wat jou oor berge neem wat

onder ’n mislaag weggesteek is, langs

silwerskoon rivierstrome en deur digte

woude waar ousaagkuile jou aan die

storie van die omgewing herinner.

Basiese hutte (met braaiplekke en

ablusiegeriewe, maar soms met net

koue water) verskaf slaapplek aan

stappers wat die drie ofses dae

lange roetes aandurf. Die mooiste

roete isongelukkig die moeilikste

een, ’n 50kmlange sirkelroete vanaf

die Woodbush-hut. Stap deur yslike

plantasies, waar jyonder meer die

Groot Boom sal sien, ’n reuse-bloekomboom

wat die hoogste aangeplante

boom ter wêreld is. Beleef die welige

subtropiese inheemse woud, die ligene,

mosse envarings langs die dam oppad

na die Watervalhut.

Dag twee begin met ’n klim na

’nuitkykpunt voordat die pad weer

afdaal nadie woud toe. Volg die

stroom, stop om die mooi varings te

bewonder en swem langs die pad in

die rotspoele onderweg nadie hut by

Dokolewa-poele. Asjyfiks is, besoek

die Debegeni-valle voordat jy in ’n

sirkel begin terugloop nawaar jybegin

het. Geniet die pragtige omgewing, die

kanaries endie visarende, die Knysnaloeries,

insekte enkleurryke swamme. In

die somer sal jyook plate vol clivia sien.

’n Slenterstapopsie is beskikbaar.

KONTAK: 013754 2724,ecotour@safcol.

co.za,www.safcol.co.za

KWAZULU-NATAL

Giant’sCup-staproete

Weens die steil, onherbergsame

terrein endie onvoorspelbare weer

weens die hoogte boseespieël,

het jyhare opjou tande nodig vir

’n rugsakstaproete in die wildernis

van die Maloti-Drakensberg-park (’n

Wêrelderfenisterrein). Die roetes

hoog op die platorand vereis almal

ver ente sestap per dag en weens

die gebrek aan oornaghutte op

daardie roetes, moet jy’nervare

stapper wees om die mas hier op te

kom.

Die 60kmlange Giant’s Cuproete

is egter goed gevestig enduidelik

gemerk. Hier stap jy vanaf Sanipas

in die noorde tot by Boesmansnek

in die suide enoornag jy op die lae

dele van die berg. Giant's Cup het

wel vyf basiese, maar goed geleë

hutte.

Die langste skof is "slegs" 13km,

maar jy is hoër as 2000m bo

seespieël vir die grootste deel

van die stap. Dit is dus nie kinderspeletjies

nie. Die kort afstande

beteken egter daar ishope tyd om in

die poele te swem, die vreemde

rotsformasies tebewonder,

en die veldblomme en eland,

rooiribbokke en oorbietjies

te waardeer. Onder die voëls

op die roete tel die jangroentjie,

vlieëvanger, roofvoëls (soos die

bedreigde baardaasvoël), arende en

die jakkalsvoëls.

Die roete self het nie ’n slenterstapopsie

nie, maar SA Adventure

Trails (www.trails.co.za) het ’n

slenterstaproete hier waar jy snags in

nabygeleë gastehuise slaap.

KONTAK: 033845 1000,

bookings@kznwildlife.com,

www.kznwildlife.com

AA Reisiger | SOMER 2020

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!