27.11.2020 Views

AA Reisiger SOMER2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ek wounog sê

Sonder ’n veiligheidsnet

DEUR SUZY BROKENSHA

82

Ekken iemandwat

vanJohannesburg

na Kaapstad getrek

hetomdat sy nieuit

haar boekklub wou

bedank nie. Ditklink dalk virjou

verregaande, maar ek verstaandit

heeltemal:Ekhet al op ’n keer die

land verland omdateknie geweet

hethoe om ’n verhouding met’n

kêreltebeëindignie.

Ditkan moeilikweesomte

reis;veral as jy jonk, platsaken

stoksielalleen is.Want‘stoksielalleen’ispresies

hoedit daardie

tydwas:Daarwas geen selfoneen

geen sosialemedia om kontak met

vriende en familietehou nie, geen

gerusstellende facetime­oproepe

of vinnige geldoordragteasjy

vasbrandnie.Dit wasjy, jourugsak,

jousakboekiegrootte­kaartboek en

’n jammerlike dunvouertjie met

reisigerstjeks.Vrou­alleen in ’n

stad watjynie kennie of nognooit

gesien hetnie –nie eens in flieks

nie(want dieplaaslike bioskoop

heteen nuwe fliekelkeses maande

laat draai, en nieeen daarvanisin

Boedapestgeskiet nie).

Daar waswekewat my ouersnie

geweet hetopwattervasteland ek is

nie, laat staan noginwatterstad.

En ek hetdie kêrelwat ek so

onhandig agtergelaathet,ongelooflikgemis.’nJaarenbaie

smekende oproepelater,het “haar

Majesteit”,soosmykinderssteeds

na homverwys(vanweë sy lang

lokke, smeulende voorkomsen,

natuurlikuit lojaliteit aanhul pa

en my wonderlikeman,wat nie

hy is nie), oorsee gevliegenby

my aangesluit.Ons hetmekaarin

Griekeland ontmoetensaamdeur

Turkye, Duitsland, Hongarye en

Tsjeggië gereis voordatons oor

is na Israel,omasvrywilligers op

’n kibboets te werk.Ons woudie

winter deurbringop’nplekwaar

onsvan kos, wateren–belangriker

–van warmte verseker was.

Op diekibboetshet onsvir Craig

en Mariaontmoet,’npaartjie van

Australië watdieselfde ideegehad

het. Hullewas snaaks en ligsinnig

en,soosons,van diegatkant van

diewêreld, en ookbesig om te reis

op ’n geldeenheid watnie veel werd

wasnie.Ons hetvriende geword

oordie bergeskottelgoed in die

gemeenskaplike kombuis, watons

dagtaakwas.Meerspesifiek,ons

hetvriende gewordoor diegellings

volgoedkoopvodka en lemoensap

watons elke week in diekibboetsse

supermarkgekoop het.

Ons hetgewoonlik’nlemoenskyf

Maar onshet 'n weldeurdagte plan bedink

watgeenkansopmislukkinggehad hetnie,

wateknou in dieptemet jullesal deel...

aandie brandgesteek en ditopdie

glas gebalanseer–ekweetsteeds

niehoe of hoekomnie.Jymoes

dievodka deur dievlammedrink,

watdaardie tydna’nuitstekende

idee geklinkhet.Wel,jyhét goeie

vriende gewordasjydie vlamme

op mekaar se koppemoesblus. Op

onslaaste aand,naverskeievurige

rondes, hetdie vier vanons besluit

om verder saam te toer.

Dieprobleemwas,Craigen

Mariahet,nes ons, reedsplanne

gemaak virdie eerste deel van

hulreisnáIsrael. Maar onshet

’n weldeurdagte plan bedink wat

geen kans op mislukking gehad

hetnie, wateknou in dieptemet

jullesal deel:Ons sal elkeen in

onsonderskeierigtingsgaan, soos

onsbeplan het. En op 11 April

om 23:00sou onsmekaarin’n

SuzyBrokensha

is diehoofredakteur

van

die tydskrifte

FAIRLADY,

Lose it en HOT!

kroeggenaamd ShotsintheDark

in Lagos, Portugal, ontmoet. Ons

saldan ’n paar brandende vodkas

wegslaan voordatons saam verder

reis.Dis dit. Disdie heleplan.

April11was drie maande ver.

Nieeen vanons wasalvantevore in

Portugalnie,laatstaan nogLagos,

en nieeen vanons hetgeweetof

Shotsinthe Dark steedsbestaan nie

–ons hetdie naam uit’ntweejaar

oueLonelyPlanetgekry.Daarwas

geen manier waarop onsmekaarin

dietussentydkon kontak nie.

Ons hetmekaarmet ’n babbalasbaai

gegroetenvertrek.Eken

Haar Majesteithet deur Frankryk,

Switserland, Oostenryk, België,

NederlandenSpanjegereis. Later

in Lissabon aangekom en teen

dieAlgarve afgereis.Ons hetom

22:00op11April omtrentmet

briekmerke in Lagosaangekom–

heelwatlater as watons wou. Ons

hetop’nmanier samehangende

aanwysings na Shotsinthe Dark

gekry(watsteedsbestaan het!)en

binnegestorm.Dit was5minute

voor 11 en diekroeg wasstampvol.

En daar wasCraigenMaria,besig

om vasbeslotemense wegtejaag

vandie twee stoele wathulle virons

oopgelaathet.Ons hetinmekaar

se arms geval en dadelikbegin om

mekaar aandie brandtekuier,soos

ditgedoenbehoort te word.

Dieviervan onshet daarna vir

omtrentnog ’n jaar saamgereis,

maar ditwas dieweersiensinLagos

watmybybly.Eksukkeleintlik om

diewonderwerkdaarvan aanmy

kindersteverduidelik, watnog

nooitplannegemaakhet sonder die

veiligheidsnet van’nselfoon nie, en

watnooit stoksielalleen salweesin

’n stad wathulle nieken nie.

Diewêreldisongetwyfeld

beterverbind as ooit tevore.Ons

is connected, maar is onsnog

bonded? Komons bestel ’n ronde

vlammende vodkas en gesels

daaroor…

AA Reisiger | SOMER 2020

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!