27.11.2020 Views

AA Reisiger SOMER2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Geskenkgids

Evan Naudé,

reisskrywer

As ’n fotojoernalis wat

dikwels reis, was die

maande van inperking

vir Evan soos die hel

in paraffien. Nou

soek hyskoene vir

die boendoes en ’n

hommeltuigkamera om

sy fotografie na nuwe

hoogtes teneem.

DJI MAVICAIR 2

DJI maak al jare lank hommeltuigkameras en

met die bekendstelling van die Mavic 2vroeër

vanjaar, het hulle gewys niemand gaan hulle

vinnig van hul troon kan afstamp nie. Dit is

verreweg die mees gevorderde hommeltuig

vir "gewone mense". Dit het ’n 42megapixelkamera

(met stabilisering), 4K-video en50%

meer batterylewe (tot 34minute vliegtyd) as sy

voorganger. Die grootste plusplunt, dit vou klein

genoeg op dat dit in jou rugsak ofbroeksak pas.

PRYS R18 799 by.ormsdirect.co.za

SALOMON XA WILD GTX

Ek verkies veldloopskoene bo stapstewels en

geniet die vryheid van beweging wat 'n ligte

skoen mybied. Ek het egter iets nodig wat ’n

bietjie duursamer as ’n gewone draftekkie is.

Die Salomon XA Wild GTX tik al die boksies, het

’n sool wat vastrap bied, harde rubberstukke

op die tone enmygunsteling-kenmerk: ’n

waterdigte Gore-Tex-membraan.

PRYS R2 799 by

Outdoorwarehouse of

salomonsports.co.za

SamReinders,

fotorubriekskrywer

Sam isdikwels op die

pad in haar Haval en

kies geskenke wat haar

lewe makliker maak.

DOWN

DOG-APP

Of jy nou in

Kamieskroom of

Kakamas is, jykan 'n

lekker joga-sessie

inpas nadat jydie

hele dag agter die

stuur was. Die app

maak voorsiening

vir beginners en

gesoute jogi –daar

is iets vir elkeen. Die

joga nidra help jou

ook slaap…

PRYS Gratis om

af te laai, maar jy

koop programme

binne die app by

downdogapp.com

44

TRACKS4AFRICA-KAARTVAN SUID-

AFRIKA

Ek maak op GPS endie internet staat asekreis,

maar daar is geen plaasvervanger vir ’n goeie

papierkaart nie, veral nie wanneer jyopdie pad

is nie. Ek is versot op papierkaarte en het al’n

groot versameling, enekkon nog nie beter

kry asdié van Tracks4Africa nie. Hulle kaarte is

uniek omdat dit gruispaaie, tweespoorpaaie en

selfs 4x4-roetes insluit. Dit het altyd afstande

by en (belangrik!) betroubare reistye. Asjyop

die agterpaaie wil ry, gaan jy hierdie soort kaart

nodig kry.

PRYS: R220 by https://shop.tracks4africa.co.za/

product/south-africa-travellers-paper-map-2ndedition-incl-lesotho-swaziland/

LACIE-HARDESKYF

Jy kan nooit te veel van hierdie outjies hê

nie! Hierdie helder oranje hardeskywe

is water- en stofbestand. Dit sal selfs 'n

val oorleef. Pak dit gerus op enige 4x4-

vakansie in om jou foto's veilig te hou.

Meer as 6miljoen eenhede issedert die

bekendstelling in 2005 verkoop.

PRYS R1 775 vir 1TBbywww.lacie.com

of takealot.com

AAReisiger | SOMER 2020

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!