27.11.2020 Views

AA Reisiger SOMER2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Rygoed

Suid-Afrika se landskappe is so uiteenlopend soos die mense wat hier

woon. Dit is wat dit so spesiaal maak.Ons het nie net van die mooiste

paaienie, maar ook van die mooiste veldryroetes ter wêreld. Asjy

wegdraai van die teerpad, gaan jyplekke sien waarvan baie reisigers net

droom. Dis hoekom Suid-Afrika so'ngroot indruk op die locals en die

toeriste maak. Hier is vyfbesonderse 4x4-roetes, en vyfvoertuie wat daar kan ry.

1SANIPAS–

LESOTHO-GRENS

As jy lus het vir skouspelagtige

uitsigte en ’n bietjie van ’n

uitdaging, is hierdie een van die

ikoniese passe. Verwag sneeu tot einde

Oktober, wat die pas verraderlik maak,

maar dis die moeite werd omtery. Stel

jou die uitsig voor op2865 meter bo

seespieël. Die Drakensberg onderweg

soontoe is ook iets spesiaals. Neem

jou paspoort saam sodat jy iets warms

kan drink by "die hoogste kroeg in

Afrika", by die Sani Mountain Lodge.

DIE NUWE LAND ROVER

DEFENDER

Vanaf R996 600

Vir ’npas soos Sani het jy’nbehoorlike

4x4 nodig. Die nuwe Land Rover

Defender word beskou asdie taaiste

en mees bekwame Land Rover wat

nog ooit gebou is. Dit behoort jou

gemoedsrus op Sani te gee. Tans

is die Defender 110 net in ’n langasafstandmodel

beskikbaar, maar die

kortas Defender 90word later verwag.

Die Defender is geseën met

heelwat van Land Rover se jongste

tegnologie. Jy kan kies tussen ’n

petrol-, diesel- of ’n hibriede enjin, en

dan die gewone Standaard-, S-,SE-,

HSE- en topvlak X-modelle. Jykan

ook tussen vier bykomstighedestelle

kies, die Explorer-, Adventure-,

Country-, ofUrban-pakket. Maar, die

belangrikste kenmerk waarskynlik, dit

het ’ngrondvryhoogte van 291mm, ’n

naderhoek van 38grade, ’n oorbrughoek

van 28grade en ’n vertrekhoek van

40 grade (in veldrymodus). Dit het

ook ’nwaaddiepte van 900mm. Dit

is werklik die ideale veldryvoertuig.

2AUGRABIES-

WATERVAL-

NASIONALEPARK

–NOORD-KAAP

Hierdie isdie perfekte roete vir

groentjies omdat dit nie temoeilik

is nie. Dit isdalk selfs lekkerder

om dit vanaf die passasiersitplek te

beleef omdat die Augrabies-waterval

so skouspelagtig is. Voëlkykers en

natuurlewe-entoesiaste sal ewe dol wees

oor die park. Die 4x4-roete neem jou

vir omtrent 100kmdeur die nasionale

park, waarna jydie Echo Cornerroete

kan volg. Die roete neem jou

na ’n uitkykpunt oor die Oranje en

is ’n lekker aftrekplek vir koffietyd.

TOYOTA FORTUNEREPIC

Vanaf R673 200

Niemand isverbaas dat Toyota

Fortuner die topverkoper 7-sitpleksportnutsvoertuig

isnie. Die hele gesin

kan met bagasie enalinpas en die

uitsigte oor die Augrabies geniet. Die

tweede rysitplekke is effens gelig sodat

niemand hoef tesukkel omtesien nie.

As jy nie die derde rysitplekke nodig

het nie, vou hulle eenvoudig weg, maar

klein kinders sit graag indaardie ry.

Die Fortuner kom nou met ’nreeks

eksterne ekstras indie Fortuner Epic

en Epic Black. Albei gebruik swart

in die buitenste stilering, maar jy sal

meer geïnteresseerd wees in wat onder

die enjinkap aangaan as jy wil veldry.

Veral as jy dit as’ngesinsvoertuig

gaan gebruik, sal jywil seker maak

alles isveilig. Die Fortuner het as

standaardtoerusting opalle modelle:

sluitweerremme (sogenaamde

ABS-remme), traksiebeheer,

voertuigstabilisering, rembystand,

elektroniese remkragverspreiding

en heuwelwegtrekhulp. Dit is gelaai >

EPIESERYDING

Die Toyota Fortuner

is eenvan die

begeerlikste

sportnutse op

diemark.

73

SOMER 2020 | AA Reisiger

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!