02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Simmentaler - Feed the World

Oorsig | Overview

8

2013 – ’n Jaar van uitdagings?

Kobus Bester - President Simmentaler / Simbra Genootskap

Dankie vir die moeite wat u doen om hierdie publikasie te lees, en baie geluk

met u keuse van leesstof. Ek vetrou dat u die inhoud van hierdie joernaal wat

met trots saamgestel is terdeë sal geniet, en dat dit nie net vir u ’n aangename

ervaring sal wees nie, maar ’n interessante, leersame en bemoedigende belewenis.

Met hierdie skrywe word daar nie gepoog om ’n

jaarverslag aan u voor te hou nie, maar eerder om ’n

perspektief te plaas op dit waarop ons as Simmentaler

telers in die Rooivleisbedryf moet fokus. Dikwels word

negatiewe omstandighede in die ekonomiese, politieke

en sosiale bestel gesien as probleme. Wat egter van baie

groot belang is, is nie net om probleme raak te sien nie,

maar die potensieel negatiewe impak daarvan te kan

identifiseer, en dan u self so te posisioneer om hierdie

uitdaging wat dit bied suksesvol die hoof te kan bied.

Die samestelling en verantwoordelikhede van hierdie

Genootskap staar self ’n hele paar uitdagings in

die gesig. Om mee te begin is hierdie Genootskap

verantwoordelike vir die voortgesette uitbou, ontwikkeling

en bevordering van twee verskillende rasse, en het die

vermoë om ’n diens as registrerende owerheid aan

ander rasse te lewer. Enige suksesvolle besigheid

of organisasie is egter eers werklik suksesvol, as

daardie instansie ’n volhoubare diens of produk tot

bevrediging van sy lede of kliënte lewer. Dit is hier waar

die Genootskap se uitdaging lê. Hierdie Genootskap

moet ’n diens van hoogstaande gehalte aan twee rasse

lewer tot bevrediging van sy lede, en met die gepaste

verantwoordelikheid en pligsbesef wat verwag kan word

van ’n toonaangewende rolspeler in die Rooivleisbedryf

in Suidelike Afrika. Dit is belangrik om daarop te let dat

die twee rasse wat deur hierdie Genootskap gedien word

konkurente van mekaar is, en die feit dat soveel telers wat

lede van hierdie Genootskap is met beide die rasse boer,

bevestig dat die rasse wel kompetisie vir mekaar is of

kan wees in sekere omstandighede. Wat egter van baie

groot belang is, is om te besef dat beide hierdie rasse

bestaansreg het, oor unieke en gesogte eienskappe

beskik wat verder nagevors en ontwikkel behoort te word

tot voordeel van die gebruiker daarvan.

So ver bekend is die eerste Simmentalers in Namibië

alreeds in 1893 gevestig, en die feit dat Simmentaler

steeds ’n suksesvolle ras is in die ekstensiewe toestande

waaronder daar in Namibië geboer word, besweer talle

uitsprake oor die Simmentaler se gehardheid. In 1905 is

die eerste Simmentalers na Suid-Afrika ingevoer, en was

die ras so suksesvol, dat Simmentaler telers van Suid-

Kobus Bester

Afrika en Namibië in 1964 besluit het om die Simmentaler

Genootskap van Suidelike Afrika te stig. Danksy puik

bestuur onder leiding van Mnr Peter Massmann, die

Genootskap se personeel en verskeie ander Raadslede,

telers en ander rolspelers is die Simmentaler vandag

nie net ’n puik ras nie, maar word die diere gerugsteun

deur behoorlike rekords wat betref stambome en ander

prestasie data.

Wêreldwye databasis kan die effektiwiteit

van die wetenskap verder verhoog

Die gehalte van die Simmentaler in Suidelike Afrika was

gou deur ander telers in die wêreld raak gesien, en hulle

het planne gemaak om van hierdie genetika te bekom,

en vandag is daar talle nasate van Simmentalers wat

oorspronklik geteel is in die suide van Afrika oor die

wêreld versprei. Hierdie is nie net ’n noemenswaardige

feit nie, maar dit ontsluit talle moontlikhede vir die

voortgesette ontwikkeling van die Simmentaler op ’n

wetenskaplike basis. Hier word spesifiek verwys na die

potensiaal wat opgesluit lê in genomika. As gevolg van

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!