02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Simmentaler - Feed the World

Wetenskaplik | Scientific

66

Dr Vlok Ferreira

Berei speenkalwers reg voor

vir die voerkraal

“BACKGROUNDING” van kalwers is die uitgroei van kalwers op veld of dröeland

aangeplante weidings, asook die voorbereiding van kalwers vir maklike aanpassing in

die voerkraal daarna.

Die speenkalwers word reeds op die weidings geprosesseer

met die nodige oor inplantaat en teen virus en

bakteriese voerkraalsiektes ge-ent. Die kalwers leer om

voer uit ’n krip te vreet. Kalwers wat vir minstens 45 dae

voorberei word vir die voerkraal se siekte weerstand

is baie beter, stress minder en hul rumens is reeds

aangepas om produksie verliese te beperk.

Backgrounding is veral voordelig:

• Wanneer voldoende weiding beskikbaar is en die boer

meer buigbaarheid in sy stelsel wil hê met wanneer

kalwers bemark kan word.

• Wanneer voerpryse hoog is en die karkas pryse is laag.

• Wanneer voerkraal aankoop pryse by boere van

speenkalwers laag is.

Kalwers van 160 – 250 kg liggaamsmassa kan eers

gebackground word voordat dit in die voerkraal afgerond

word. Boere moet waak teen die aankoop van baie ligte

kalwers, omdat ’n kalf ligter as 200 kg stadiger groei

tydens backgrounding en meer vatbaar is vir siektes.

Die ligte kalwers van ’n groep kan ook ’n swakker groei

potensiaal hê. ’n Vroeg ryp tipe kalf kan vir ’n lang

periode op die weiding uitgegroei word en dan net vir

’n 40 – 60 dae periode in voerkraal afgerond word om

die regte vetheidsgraad te bereik. Medium tot laat ryp

tipe kalwers benodig groter hoeveelhede aanvullende

voeding om dieselfde raamgroei te verseker. Hoe

langer die backgrounding periode hoe swaarder sal

die karkasse wees na die voerkraal afronding, veral as

Zilmax ook nog in die voerkraal gebruik word. Wanneer

kalwers tussen 350 – 380 kg weeg is dit ideal om hul vir

’n kort voer periode in die voerkraal te plaas.

Kalwers se weidings inname is 2.2% en 1.8% van

liggaamsmassa onderskeidelik op groen somer veld

en dröe winters veld. Die kwaliteit van die weiding is

die belangrikste faktor wat kalwers se groei prestasie

tydens backgrounding bepaal. ’n Verlaging van 1.5 MJ

metaboliseerbare energie/kg weiding en ’n 10% styging

in die NDF% (vesel) wat die kalf vreet het ’n daling in GDT

van 400 - 600g/dag tot gevolg. Beperk die mielie/hominy

chop inname van kalwers tot maksimum 1%, anders

daal die rumen pH, weidings vertering verswak en die

aanvulling verminder weidings inname. Op groen somer

weidings kan ’n GDT van 800 – 1200 g/kalf/dag behaal

word met ’n aanvulling van 0.75% van liggaamsmassa.

Om dieselfde groeitempo te handhaaf op winter weidings

moet die aanvullende voeding na minstens 1.5% van

liggaamsmassa verhoog word.

Ge-oesde mielielande waarvan die koppe nie opgetel is

nie kan ook met sukses vir backgrounding aangewend

word. ’n Veelading van vier tot ses 220 kg kalwers/ha

verseker dat die beter kwaliteit ruvoer geselekteer word.

Die mielie pitte, koppe en plant blare verteenwoordig

40% van die totale beweibare material. Die blare en stam

is onderskeidelik 67% en 45% verteerbaar.

Molatek Background 18 kan teen 1.5 tot 2.0 kg/dag aan

speenkalwers vir uitgroei en voorbereiding vir die voerkraal

afrondings fase verskaf word. Indien die kwaliteit van die

weiding nie optimaal is nie of verhoogde massa toenames

wil behaal word, vermeng Molatek Background 18 met

gelyke hoeveelhede graan en verskaf teen 2 tot 4 kg/dag.

Inname sal ook varieer afhangende van die massa van

die diere. Verskaf daagliks of dubbelporsie elke tweede

dag aan die diere.

Dr Vlok Ferreira

Nasionale Tegniese

Bestuurder, Molatek,

Posbus 47, Malelane 1320

Epos adres:

ferreirav@tsb.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!