02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Simmentaler - Feed the World

Wetenskaplik | Scientific

46

Riglyne vir die ontwikkeling

van ’n inentingsplan

Danie Odendaal

Inenting is ’n nabootsing van die proses waardeur verswakte of dooie, gekweekte

organismes in ’n gesonde dier gespuit word sodat die immuunstelsel daaraan blootgestel

word. Dieselfde reaksie vind plaas asof die dier met die werklike organismes besmet is.

Hoe werk die immuunstelsel?

Die immuunstelsel het die vermoë om te reageer

teenoor enige vreemde stof (antigeen) wat nie deel

van die normale genetiese samestelling van die dier

is nie – vandaar die begrip ‘antigeen’. Antigene wat

in hierdie artikel beskryf word, verwys spesifiek na

siekteveroorsakende organismes wat diere besmet.

Sodanige organismes wat die dier se liggaam binnedring,

word deur groot gespesialiseerde selle van die

immuunstelsel as vreemd herken en omvou. Binne die

selle word die organisme opgebreek in klein stukkies en

dan word die stukkies weer uitgeskuif sodat ’n gedeelte

daarvan deur die wand van die sel uitsteek. Die gedeelte

wat uitsteek, bevat die ‘kode’ wat die immuunstelsel

benodig om ’n immuunreaksie teen daardie spesifieke

organisme (antigeen) te loods.

Ander selle (spesifieke soorte witbloedselle) word dan

deur ’n stof aangetrek wat deur die gespesialiseerde sel

afgeskei word en die organisme opgebreek het. Die selle

sal nou ’n afdruk van die spesifieke ‘kode’ kom maak en

Inenting

in die proses word hulle geaktiveer om te begin verdeel.

Elkeen van die selle wat so in die verdelingsproses

gevorm word, is geprogrammeer om net hierdie

spesifieke ‘kode’ te kan herken.

Daar is twee soorte witbloedselle wat so geaktiveer word:

1. B-selle wat verdeel om uiteindelik teenliggame te vorm

wat almal hierdie ‘kode’ dra. Die teenliggame versprei

in die bloed en ander liggaamsvloeistowwe regdeur die

liggaam en daarom word dit die humorale immuniteit

genoem. Van die teenliggame beweeg wel uit die

bloedvate na die slymvliese om daar beskerming te

verleen, maar hulle kan nie die liggaamselle binnedring

om daar te werk nie. Wanneer teenliggame met die

spesifieke organisme waarteen hulle geprogrammeer is

in aanraking kom, sal hulle die ‘kode’ herken en aan die

organisme vasheg. So verhoed hulle dat die vreemde

organisme liggaamselle binnedring. Hulle dien ook as

handvatsels vir ’n ander soort witbloedsel wat nou die

organisme makliker kan omvou en vernietig.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!