02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Simmentaler - Feed the World

Brokkies & Kursusse | Snippets & Courses

176

Telers slyp hul beoordelingsvaardighede

Die Namibiese Simmentalergenootskap het in Junie vanjaar ’n drie dae lange

beoordelingskursus aangebied waartydens drie telers se stoeterye besoek

is. Nie minder nie as 15 telers het die kursus bygewoon wat verskeie praktiese

demonstrasies en teoretiese lesse ingesluit het.

Van links is Chris De Jager, Gerhard Ensle, Harald Giess, Stephan Voigts, Renate Riedel,

Amos Hengura, Zebaldt Katjiteo, Reinie Rusch, Egbert Hoff, Dawid Shaanika, Fred Dell,

Thinus Cocklin, Karola van Biljon en Dewald Walters. Waldo Lottering was afwesig.

Die kursus is deur die Genootskap se tegniese adviseur,

Fred Dell, aangebied met die ondersteuning van Reinie

Rusch, Stephan Voigts en Dewald Walters.

Op dag een het die groep besoek afgelê by Rene en

Lonie Krafft. Hier het hulle ’n lesing in die toepassing en

aanwending van teelwaardes gekry. Teelwaardes word

deesdae as een van die beste hulpmiddels tot beesteelt

beskou. Die basiese beginsels van beoordeling,

Simmentaler-rasstandaarde en voortreflikheid is

ook bespreek. Alle punte is deur middel van CDS

gedemonstreer, terwyl Stephan en Dewald dit met

praktiese demonstrasies met ’n bul en koeie gestaaf het.

’n Op-die-hoef-beoordelingsessie is die namiddag deur

Reinie gelei. “Reinie het die gawe om ’n uitmuntende

praatjie te lewer, ten spyte van die bibberende koue en

almal wat soos stokmannetjies daar staan,” vertel Fred.

Op dag twee het die groep die oudste Simmentaler-stoet

in Suider-Afrika, Voigtland Simmentalers, besoek. “Die

dag het verdere praktiese demonstrasies ingesluit, terwyl

Stephan en sy vrou, Gaby, vir die innerlike versterking

gesorg het.”

Die derde dag is in die Gobabis-distrik op Bertus en

Comien Walters se plaas deurgebring. Junior kandidate

is getoets terwyl die laaste van die reeks praktiese

demonstrasies afgehandel is. “Hier is ons en die

Simmentalers baie goed versorg,” sê Fred.

Hy het ’n spesiale woord van dank uitgespreek teenoor

die telers wat hul diere beskikbaar gestel het. “Die

gees, gemoed en atmosfeer tydens die kursus was iets

besonders. Ons het almal baie geleer en ons passie vir

Simmentalers is versterk.”

Met hierdie Joernaal bedank ons graag al ons media-vennote wat gereeld oor ons

uitstekende ras beriggewing doen. Veeplaas, Farmer’s Weekly, Landbou Weekblad,

Volksblad, Ontbytsake, Agri TV en vele meer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!