02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Simmentaler - Feed the World

Wetenskaplik | Scientific

56

Tegnologie, vrugbaarheid en veiligheid

Izak Hofmeyr

Kyk ’n mens terug oor die ontwikkeling van tegnieke om vrugbaarheid te verbeter,

is dit duidelik dat wat ’n klompie dekades gelede as wetenskapsfiksie beskou is,

nou algemeen gebruik word. ’n Paar rolspelers in die bedryf gee hulle menings oor

waar ons tans staan rondom die kwessie van tegnologiese ontwikkelinge wat vrugbaarheid

beïnvloed.

Roy Dixon, hoofbestuurder: CRV Xseed

Daar is ’n gesegde wat min of meer die volgende sê: “ ’n

Lui boer onthoring nie sy beeste nie. ’n Baie lui boer merk

nie eens sy beeste nie. Maar ’n @##$ lui boer het nie

eens ’n vaste dekseisoen nie!”

Kunsmatige inseminasie (KI) verteenwoordig ’n

ongelooflike tegnologiese deurbraak in die geskiedenis

van veeproduksie. Maar, meer as enige tegnologiese

prestasie, het KI boere as’t ware gedwing om hulle

bestuur op ’n hoër vlak te hanteer. KI het dit as ’n

gegewe dat die gebruiker van hierdie tegnologie van

hoogstaande bulle gebruik maak, wat dus die genetiese

peil van sy kudde positief beïnvloed. Maar daarmee

saam moet die boer sy rekordhouding opskerp – iets wat

min kommersiële boere doen.

Met hittesinkronisasie word meerderwaardige genetika

op koeie gebruik. Die koeie is goed aangepas by die

omstandighede op die plaas en is baie beter geneig om

van KI te vat. Verse wat uit KI gekry word, word gewoonlik

in die kudde behou.

Met KI word die kudde in ’n dekseisoen gedwing – jy kan

jou koeie kry om gedurende ’n baie kort periode te kalf.

Koeie wat nie met KI vat nie, en ook nie met opvolgbulle

nie, word dan uitgeskot. Jy is dus eintlik besig om indirek

vir vrugbaarheid te selekteer as jy van KI gebruik maak.

Tydens ’n onlangse toer na Brasilië het ek besef hoe min

ons in Suid-Afrika van KI gebruik maak. Die Brasiliane

berei hulle koeie veertig dae ná kalwing voor vir KI

– ons praat van duisende koeie op een slag wat vir KI

gesinkroniseer word.

Hier in Suid-Afrika voel die meeste kommersiële boere

dat dit te veel werk is om te KI. Ek glo dit is net ’n

verskoning vir swak bestuur.

Prof Esté van Marle Köster:

Universiteit van Pretoria

Die ontwikkeling van molekulêre tegnologie en ontdekking

van verskillende tipes DNS-merkers, spesifiek die enkelnukleotiede

polimorfisme, oftewel SNP-merkers, bied

potensiaal vir genomiese seleksie van plaasvee. Die

genomiese inligting wat vanuit die identifisering van die

SNP’s verkry kan word, is veral van belang vir eienskappe

met lae erfbaarhede soos vrugbaarheid.

Deur gebruik te maak van genomiese inligting kan

vrugbare diere met hoër akkuraatheid geïdentifiseer word.

Die implementering van genomiese seleksie is egter nie ’n

eenvoudige proses nie en ook nie goedkoop nie.

Die huidige beskikbare SNP-skyfies is rasspesifiek en

elke ras moet eers ’n verwysingspopulasie vestig en

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!