02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Simmentaler - Feed the World

Wetenskaplik | Scientific

52

Karkaskompetisies:

Lesse vir die rooivleisprodusent

Izak Hofmeyr

By ’n onlangse veiling waar ’n bekende voerkraalagent redelik baie kalwers

aangekoop het, vertel Rudi van der Westhuizen, uitvoerende direkteur van SAMIC,

word hy gevra wat die beste kalf vir ’n voerkraal is. Natuurlik het die boere verwag

dat hy oor rasse gaan praat. Sy antwoord was egter: “Die goedkoopste kalf.”

Wat is die boodskap? Met moderne rantsoene en

veeartsenykundige middels kan ’n mens die produksiepotensiaal

van enige gesonde kalf in die voerkraal só

manipuleer, dat die verskil tussen rasse weglaatbaar

raak. Die enigste kriterium wat werklik ’n invloed op

winsgewendheid het, is die aankoopprys.

“Gee my enige vleisbeesras en ek sal vleis aan

hom sit. Selfs bouvorm is nie meer so belangrik nie.

Voertegnologie is al so gevorderd dat jy binne 105 dae

’n speenkalf kan afrond tot op die optimale slaggewig

sonder enige probleme. Die enigste ding waaraan jy

egter nie kan verander nie, is die vetverspreiding op die

karkas. Dit is ’n genetiese kenmerk.

Vetverspreiding en -persentasie

“Vetverspreiding is die enigste plek waar die een ras ’n

kompeterende voordeel bo ’n ander ras kan behaal. Die

res kan met tegnologie beheer word.”

Meer as 80% van die Suid-Afrikaanse vleismark is

op A2- en A3-graderings gemik. Dit is die aanvraag

in die mark en wat die voerkraal uitstekend lewer.

Egalige vetverspreiding, sê hy, is waar die knoop

lê. Volgens navorsing wat onder andere deur die

Landbounavorsingsraad (LNR) gedoen is, is punte

geïdentifiseer waar vet gemeet kan word en wat

aanduidend is van egalige vetverspreiding.

“Een van die kriteria by karkasbeoordeling is die

vetpersentasie, wat soveel as 75% tel. Dit is belangrik

ter wille van die gesondheid van die verbruiker. Let wel,

die verbruiker het nog nooit gesê hy wil nie vet hê nie,

maar eerder dat hy nie te veel vet wil hê nie. Verder stem

dit ooreen met ons klassifikasiestelsel, waar ’n 2 vir vet

eintlik maer is en ’n 3 medium is.”

Die norme vir die vetinhoud van vleis in Suid-Afrika

verskil hemelsbreed van ander lande, soos die VSA. “Die

Amerikaners voer hulle beeste baie vetter as ons en hulle

slag baie ouer as ons, en dus ook baie swaarder. Die

rede hiervoor is dat as hulle die onderhuidse vet afsny,

hulle baie goeie marmering in die vleis kry.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!