02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Simmentaler - Feed the World

Internasionale Publisiteit | International Hybe

12

WSFF-Kongres 2012 - Duitsland

Dr. Johan Kluyts

Ek was weereens in die bevoorregte posisie om Suid Afrika by die World Simmental

Fleckvieh Federation se kongres, te verteenwoordig. Hierdie, die 19de kongres van

die WSFF, het plaasgevind in en om Landshut, Bavaria. Vir my het die kongres

begin op Dinsdag die agtiende September met ’n lang oornag vlug van Johannesburg na

München en van daar na Landshut.

Landshut, met ongeveer 62 000 inwoners, is geleë

op die walle van die Izar-rivier, en veral bekend vir die

Altstadt (ou-dorp) wat reeds in 1203 gevestig is en die

St. Martins katedraal wat die hoogste steengeboude

kerktoring in die wêreld het. Woensdagaand was

die verwelkomingsfunksie gehou in die middeleeuse

Rathaus (raadsaal) in Altstadt en dit was wonderlik om

weer al die vriende van oor die hele wêreld te ontmoet

en die beste bier wat in die omgewing gebrou word te

kon proe.

Donderdag het ons die K.I. stasie te Neustadt a.d. Aisch

besoek. Hierdie stasie het 174 werknemers, ’n plaas

oppervlakte van 270 ha waarvan 190 bewerkbaar en 80

grasweiding is en 550 K.I. bulle waarvan 220 in Neustadt

self staan. Dit word beskou as die wêreld se grootste

Simmental/Fleckvieh K.I. stasie en is lid van Eurogenetik,

die wêreld se grootste inseminasie unie/vereniging.

Na die indrukwekkende bulparade en ’n tradisionele

middagete het ons die plaas van Arnold R.U.G. GBR

besoek. Die plaas, wat geleë is in die landelike omgewing

Skou in München - let op touleierdrag

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!