02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Simmentaler - Feed the World

Internasionale Publisiteit | International Hybe

30

Simmentalers in die vreemde

Albert Loubser

Een van die mees besondere kwaliteite van die Simmentalerras is die wye verspreiding daarvan regoor

die wêreld. In elke betekenisvolle vleisproduserende land in die wêreld is daar Simmentalers. Maar

selfs met die wete, verras die ras jou telkens met waar dit nog opduik!

Met ’n 2009-besoek aan die Mambila-hooglande in

Nigerië het ek so ’n aangename verrassing gehad.

Ek was besig met ’n konsultasieprojek vir ’n kliënt wat

’n suiwelaanleg in Nigerië wou vestig. Die Mambilahooglande

is ’n bekende veestreek in Afrika wat strek van

sentraal-Kameroen tot sentraal-Nigerië, en was dus die

ideale plek om so ’n projek te vestig.

Die klimaat is vergelykbaar met die Suid-Afrikaanse

Hoëveld. Wat omstandighede in die gebied egter baie

Die gemeenskap aan

wie die beeste behoort en

wat verantwoordelik is vir

hul versorging, hier saam

met Albert Loubser,

redakteur van Veeplaas

moeilik maak, is die hoë voorkoms van elke denkbare

siekte en plaag. Boonop is die boerderypraktyke daar

baie primitief. Die plaaslike nomadiese veeboere boer

met hulle vee soos dit die laaste 500 jaar gedoen

is en boer met beeste wat onveranderd geteel is vir

waarskynlik dieselfde periode.

In die vroeë 2000’s het ’n Ierse hulporganisasie betrokke

geraak by ’n kruisteelprogram in die gebied. Hulle het

Simmentalers van Ierland af ingebring en het die program

vir ongeveer vyf jaar bestuur voordat hulle onttrek het.

Ten tyde van my besoek het die projek al drie jaar op sy

eie voete gestaan.

Die Simmentaler is gewild in kruisteelprogramme in

Nigerië. Nigeriërs verwys na die ras as ‘Simmental’. Peste

en siektes soos bosluise, bek-en-klouseer, tsetsevlieg en

elke denkbare siekte wat op die kontinent voorkom, is in

Nigerië teenwoordig. Daar is geen somer en winter nie,

want die land lê op die ewenaar. Daar is egter ’n droë

seisoen waartydens reënval vir ongeveer vier tot ses

maande ophou. Dit word gevolg deur ’n reënseisoen

met reënval wat wissel van 2 500 mm in die suide in die

woude tot minder as 300 mm per jaar in die noordelike

woestyn. Nigerië is beslis nie ’n land vir beeste met sagte

hoewe nie ...

Die ras wat die meeste in die streek voorkom, word algemeen

na verwys as die ‘Rooi Fulani’. Die regte naam is egter

Mbororo. Dit is ’n inheemse ras wat in noord-Nigerië, Tsjad en

Soedan voorkom. Dit is ’n rankerige bees, hoog op die been

en besonder goed aangepas in die woestyngebiede van Afrika

Hierdie Simmentaler-bul verdien ’n medalje vir die wyse

waarop hy die ras se naam hoog hou. Soos hy hier staan,

herstel hy van sy tweede bek-en-klouseer-aandoening. Hy

oorleef al bykans drie jaar sonder enige veeartsbehandeling

of spesialis-aandag

Hierdie vers is ’n F1-kruis tussen die Simmentaler en Mbororo.

Haar kondisie is nie goed nie, maar die foto is geneem aan die

einde van die droë seisoen. Die kruisings doen oor die algemeen

baie beter as die suiwer Simmentalers in die harde omgewing,

maar oortref die Mbororo totaal in terme van produksie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!