Simmentaler Joernaal 2013.indb
Simmentaler Joernaal 2013.indb
Simmentaler Joernaal 2013.indb
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Dordrecht gekoop het? Dis hy. Dan is Oom Boeks se

Dormer-ram mos net reg op haker, of hoe?”

Ons suig lemoene uit en roep die honde. Daar is ’n paar

jakkalsgate waar ons wil gaan loer. En kyk vir die groot

rooikat in die koppie bo Vogelfontein se huis.

Een laaitie praat of hy ou Wiele, ons afrigter is, as ons

oor die slotte besin. “Kyk hoe rank daai Brahmankoei,

boytjies! So langs die Afrikaner maak hulle da’m

’n mooi slotpaar, mense. Ek sal hulle net so in die

Cravenweekspan insluit.”

Ons lag.

My lostrio, sê ek, is maklik: Op sewe gee ek die trui vir

’n Simbra. Altyd. Jouwrintiewaar, niemand wil ’n ton se

spiere stuit nie. Nommer ses-flank sal Mamba wees, daai

vreksel van ’n Dexster-kruising van tant Marie Loskop.

“Dis tussen hom en daai draadkruiper van ’n dorper-ram

van die bure as baljagter.”

Ons hande jeuk vir daai ram. Laasjaar se bont lammers

sal vir altyd ’n kriewelrigheid sorg op die plaas. Ons het

Pa nog nooit hoor lelik praat nie tot hy hom tussen ons

ooie betrap het. Toe’s dit natuurlik te laat.

“My agsteman en kaptein,” sê ek met ’n stem soos

Gerhard Vivier, ‘’is ’n Simmentaler. Dis my Mornay du

Plessis-tipe bees. Ordentlik, gemanierd. Beskaafd. Dis

mos die karaktertrekke wat jy in ’n Bok-kaptein soek.”

Dis so helder soos nou: Ek sien hoe die Simmentalerkoeie

uit die heuphoogte gras aanstap huistoe met hul

Switerse tabberds en vol uiers.

Langs die voorste koei stap ’n maandoud-kalf met

natgelekte kuif en pragtige, oop gesig of hy oppad is

Sondagskool toe. Sy kop knik-knik langs sy ma se stert.

Hy draai sy skoongewaste gesig na ons wat oor die hek

hang en dit lyk of hy groet.

Ek kyk nog gereeld na die foto’s van die Simmentalertrop

langs die dam – hul weerkaatsing helder en kleurvol

tussen die wolke in die water.

Ek volg weer die seuns af in die skaappaadjie langs die

spruit.

Die honde het ’n haas opgejaag. Ons het agter hulle

aangehardloop. Die haas was te vinnig. Hy het deur die

gras gewip en teen die rant koers gekies. Die honde het

een-een terug gehardloop. Hulle het gehyg vir asem.

“Dis amper etenstyd. Kom ons draai terug.”

Net verby die skaapkraal het ons Pa teëgekom. Daar was

onweer op sy gesig. Ons harte het geruk. Iets is fout.

“’n Ding het ’n kalf gevang laasnag. Die mooi bulkalf.

Julle moet na ete die spore gaan soek, ek dink dis daai

rooikat” het hy gesê.

“Reg, Pa.”

Ek wil nou voor stap, maar my bene weier. Dit voel of my

asem korter word.

Ons stap om die voet van die rant. Bo fluit ’n dassie. Die

geweer is vasgeklem in my hand. ’n Paar bosse verder

kry ons die kalf dood, half ingesleep onder ’n besembos.

Daar draai brommers om sy gladde, oop gesig.

‘n Kraai het een van sy mooi, blink oë uitgepik.

Daar is bloed aan sy keel. ’n Gat is uit sy maag geruk.

Ons het die honde hoor blaf hoër op by die holkrans. Ons

het geweet dit moet daar wees – dis waar ons eenkeer

teen die reën geskuil het.

Dan tjank die honde verskriklik.

Van die holkrans kan jy oor die plaas uitkyk. Die reën

het grys soos koshuistee sonder melk oor die plaas

uitgesak. Ons kon die beeste bewegingloos sien met hul

rûe hol teen die koue strome water. Kommandant, ons

ryperd, het teen die heining gestaan soos ’n standbeeld.

Ons wou nooit van die plaas weggaan nie. Die stuk rou

aarde waaroor God soms huil asof dit reën sny in jou

gebeente soos die koue in jou sny as ons vroegoggend

in die winter die veld in stap en die ryp oor die gras en

grond en klip lê.

Ons klim op na die holkrans. Daar brand trane in my oë.

Here asseblief, asseblief. Nie my hond nie, Here. Nie my

hond nie.

Drie pare velskoene het voor die honde vasgesteek. Hul

agterpote het nog geskop teen die bloubos langs die

bek van die holkrans.

In die klipskeur het die rooikat vasgekeer gesit. Sy was

erg gebyt. In haar oë het ’n ontsettende haat en vrees

gebrand.

Moenie skiet nie, wil ek myself oor en oor keer. Maar dis

te laat.

Ek probeer steeds die nare droom afskud van ek

wat magteloos in die holkrans vasgekeer word deur

plaasbesetter met ’n AK47 en haat in sy oë.

Ek probeer heeltyd vir my laaitie langs my sê dis orraait,

dis orraait, als is oorraait. Moenie huil nie. Môre gaan

loop ons weer deur die veld soos altyd en Pa sal jou

stories vertel van seuns en honde en beeste.

Dinge sal wees soos dit altyd was.

167