02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

die SNP binne die betrokke ras identifiseer en bevestig

(toets). Die minimum bulle vir ’n verwysingspopulasie is

1 000 waarvan daar biologiese materiaal asook fenotipeinligting

beskikbaar is. Die SNP’s moet dan in ’n verdere

250 diere getoets word voordat dit in roetinetoetsing

gebruik en in die huidige teelwaardeberamings ingesluit

kan word.

Ons moet in gedagte hou dat ’n eienskap soos

vrugbaarheid wat by genomiese seleksie kan baat,

egter volledig en akkuraat aangeteken moet wees vir

die bou van ’n verwysingspopulasie en toetspopulasie.

Genomiese seleksie is slegs ’n addisionele hulpmiddel

in die seleksieproses. Daar is geen kortpad tot die

verbetering van vrugbaarheid nie. Die aantekening van

prestasiedata, stambome en ander bestuursrekords bly

’n noodsaaklike stap in die suksesvolle gebruik van enige

biotegnologie of genomika tot ons beskikking.

Dr Munro Marx, besturende direkteur:

Unistel Dieredienste

Elke suksesvolle veeteeleenheid moet ’n duidelike

teeldoelwit nastreef. Hierdie teeldoelwit word bereik deur

goeie, betroubare seleksie en kruisings. DNS-toetse dra

grootliks by tot korrekte seleksiebesluite.

Vrugbaarheid is die eerste prioriteit vir ’n winsgewende

veeproduksieonderneming. Vrugbaarheid word gemeet

deur die tussenkalfperiode (TKP), wat op ’n aanvaarbare

minimum gestabiliseer moet word, kalfgemak by moere,

dragtigheidspersentasie by verse en langlewendheid.

Daarteenoor moet bulle ook ’n sterk bydrae maak deur

hul vermoë om te werk.

DNS-tegnologie is ’n goeie hulpmiddel wat grootliks kan

bydra tot die bereiking van vrugbaarheidsdoelwitte. Dit

stel die teler in staat om:

• Die integriteit van sy kuddeboek te verseker.

• Verbeter sy kennis oor kuddedinamika.

• Om ongewenste genetiese toestand uit te selekteer en

te teel.

• Om vas te stel welke bul watter nageslag teel.

• Om ’n bul se dekvermoë te bepaal om sodoende bulle

met lae libido en of dekvermoë te elimineer.

• Om korrekte kruisings te doen om kalwingsgemak te

verseker en dragtigheidspersentasie te verhoog.

Genetiese profiele soos die Igenity-toets gee ook ’n

sterk aanduiding van ’n dier se vrugbaarheid met

resultate vir kalwingsgemak, langslewendheid en versdragtig

heids persentasie. Met die koms van volledig

genomiese profiele is dit nie net moontlik om ’n dier se

unieke genomiese data in ’n werkbare vorm beskikbaar

te stel nie, maar sodra genoeg diere getoets is, kan

rasspesifieke genomiese profiele met genetiese

teelwaardes vir elke dier bepaal word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!