02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die ingang na die plaas, Eden. In die agtergrond, onder

die Bank Windhoek-gazebo, vergadering die telers.

Van links is Salmon en Sara !Nakhom, Arabien en Ruben

Nadshahen, Martin Sedres en Stoffel Oberholzer.

Stoffel se ponie, Smokey, is geleer om agterop die bakkie

te spring en saam te ry kamp toe, waar hy dan afgelaai word

en help om skaap bymekaar te maak. Smokey was maar drie

dae oud toe sy ma gevrek het. Hy is hans grootgemaak en

Stoffel se kleindogter, Romé, het hom ingebreek. “My oupa

het my uitgedaag en gesê ek sal hom nie kan inbreek nie.

Die tooms en saals was te groot en ek en Salmon moes hom

bloots met net ’n halter ry. Hy sou jou knieë byt om jou te

probeer aftrek of plat op sy agterstewe gaan sit of gaan lê en

jou probeer afrol. Vandag is hy dierbaar, maar hy was baie

hans toe hy jonger was,” vertel sy.

die grootte van die diere bespreek. Stoffel sê hy verkies

’n mediumraam bees en vertel van sy waardering vir ’n

mooi Simmentaler-koei met ’n perfekte uier. Die telers

was ooglopend beïndruk met die diere. Soveel so dat

hulle hardop gewonder het of hulle die jong bul nie maar

gou daar en dan kon opveil nie.

Toe hy sy sewentig jaar oue perdekar uit die waenhuis

laat trek het om te wys dat dié karretjie nog sy

oorspronklike vernis op het, het een boer opgelet dat

daar nie ’n enkele olie- of diesel-kol op die vloer was nie.

Hy merk toe op dat Stoffel ’n agtermekaar boer is en vra

spottend hoekom hulle nie so ’n bietjie op die vloer mors

nie. “Nee, ek hou nie daarvan nie. Nou die dag het ek

self op die vloer gemors, toe maak ek dit ook self skoon,”

was Stoffel se antwoord.

Ná die besprekings by die kraal is daar vir middagete

gebreek. Marthina se dogter Eldia en kleindogter, Romé,

en Miempie het vir ’n heerlike middagete gesorg terwyl sy

skoonseun, Riaan van Rooyen, ure lank saam met Peter

die aand se ete op die spitbraai opgepas het. Stoffel se

ander dogter, Hester en haar man, Danie kon die dag

weens ander omstandighede nie bywoon nie.

Ná middagete is ’n informele vergadering gehou. Van

die onderwerpe wat bespreek is, was die behoefte

vir wyer bewusmaking van die Simmentaler-ras. Een

moontlikheid is om ’n raspromosiedag te hou met die

spesifieke doel om meer kommersiële produsente

daarheen te lok. Die vergadering het ook die potensiaal

van die Simmentaler-ras in die gebruik van kruisteling

bespreek en saamgestem dat hul bemarkingsaktiwiteite

hoofsaaklik hierop gebaseer behoort te word.

Die groep het laat namiddag ’n draai op Stoffel se plaas

gaan ry, waarna die dag met ’n gesellige kuier om die

vuur afgesluit is.

Bertus Walters,

dr. Otto Herrigel,

Reinie Rusch, dr.

Kaere Mbeunde en

Dewald Walters het

een ding gemeen

en dit is ’n sagte

plekkie vir die

Simmentaler-ras.

Die telers was

ooglopend beïndruk

met Stoffel se diere

en wou gehad het

dat die jong bul regs

sommer daar en

dan opgeveil moes

word.

Kaspar Günzel

en sy seun, Friedhelm,

en Armin en

Ulla van Biljoen

het al die pad van

Grootfontein af gery

om die dag by te

woon, terwyl Marnus

van Zyl sommer met

sy Cessna 210 kom

kuier het.

37

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!