02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Simmentaler - Feed the World

Oorsig | Overview

10

dan die ware en akkurate feite hieromtrent nie net met

mekaar te deel nie, maar om daadwerklik ’n doelgerigte

plan te hê ten einde ons potensiële kliëntebasis in te lig

oor die winsgewendheidseienskappe van hierdie ras,

met die doel om die ras se tevrede kliëntebasis verder te

verbreed. Elke beesboer boer graag met die ras waarvan

hy hou, maar met al die uitdagings waaronder vandag

geboer word, is dit belangrik om met ’n winsgewende

ras te boer – die beesboer kan dus ’n keuse uitoefen

oor waarmee hy boer. Dus is dit belangrik dat ons nie

net Simmentalers as sulks bemark nie, maar dat ons die

wetenskaplik bewese winsgewendheidseienskappe met

geloofwaardigheid uitdra en propageer sodat beesboere

nie net keuses kan uitoefen nie, maar die regte keuse

op grond van akkurate betroubare inligting ten

einde sy suksesvolle voortbestaan te bevorder.

Wees aanpasbaar

Soos wat tye verander het, kan ons ook sien dat

die beeste waarmee ons vandag boer ook nie meer

dieselfde lyk as wat meer as ’n honderd jaar gelede

ingevoer is nie – talle fotos van kampioene en ander

beeste oor die jare, asook die prestasie data van ons

diere bewys dit. Die rede is dat ons diere geteel het wat

aangepas het – hulle moes aanpas om te oorleef, nie

omdat hulle wou nie, maar omdat omstandighede dit

vereis het. Ongelukkig het die omgewing waar binne ons

Genootskap funksioneer ook verander, en sal dit ook hier

nie noodwendig die grootste of sterkste een wees wat

oorleef nie, maar die een wat aangepas het. Aanpassing

beteken egter nie dat daar roekeloos gehandel moet

word en sekere tradisies en bewese gebruike oor boord

gegooi moet word nie. Dit gaan daaroor dat die wat, hoe

en hoekom ons doen wat ons doen gebaseer moet wees

op suiwer besigheidsbeginsels ten einde die doelwitte

wat ons vir ons as telers en vir die ras gestel het te

verwesenlik. In kort, ons moet doen wat ons moet doen

ten einde nie net voort te bestaan nie, maar ons moet

ons lede se belange op so ’n wyse dien dat dit tot hul

In 2014 sal hierdie

Genootskap die

voorreg hê om sy

vyftigste bestaansjaar

te vier.

voordeel sal wees – dus nie net fokus op oorlewing nie,

maar op groei en uitbreiding.

Gevolglik staar ons as Raad van hierdie Genootskap

verskeie uitdagings in die gesig. Om maar net ’n paar te

noem, moet ons verseker dat ons:

• die verlangde diensleweringsvlakke aan ons lede

handhaaf,

• diere se stamboom inligting akkuraat en betroubaar is,

• rasse op wetenskaplike en ekonomies relevante wyse

verder ontwikkel word,

• voldoende opleiding verskaf aan ons personeel, telers

en die breër beesbedryf,

• in voeling bly met nie net die volgende verbruiker van

ons produk (bv voerkraal) nie, maar tot by die tevrede

eindverbruiker – die persoon wat vleis eet,

• ’n volhoubare raspromosieprogram moet volg ten

einde die vraag na Simmentalers te stimuleer –

vergroot ons markaandeel

• al bogenoemde op ’n koste doeltreffende wyse doen.

Dit gaan dus onafwendbaar wees om in die verwesenliking

van bogenoemde aspekte sekere veranderinge of

aanpassings te maak. Dit is belangrik om te besef

dat daar ’n groter geheelbeeld is waarna gekyk word.

Wanneer daar byvoorbeeld na alternatiewe werkswyses,

metodiek en strukture gekyk word, is dit nie net met

die oog op veranderinge nie, maar met die oog op

doelgerigte verbeteringe ten einde te verseker dat ons

op koste effektiewe wyse steeds in die verwesenliking

van ons doelwitte sal slaag. Hier word egter nie net van ’n

gebeurtenis gepraat nie, maar van ’n proses wat gevolg

gaan word, wat oor tyd geïmplimenteer gaan word, wat nie

noodwendig dadelik gaan werk nie, maar wat doelgerig

bestuur gaan word ten einde sukses te verseker.

Raak betrokke

Voor die 2012 Algemene Jaarvergadering het die

Simmentaler telers ’n telersvergadering gehou. Ek glo dit

was ’n aanduiding van die telers se positiewe gesindheid

en bereidwilligheid om mee te werk aan die volgehoue

uitbouing en ontwikkeling van die Simmentaler ras en die

bevordering van Simmentaler belange. Hierdie is ’n lede

gedrewe organisasie, en dit is van grootse belang dat so

veel as moontlik telers en belanghebbendes op ordelik

gestruktureerde wyse sal poog om ’n opbouende bydrae

te lewer en hulle ook sal verbind tot die uitdaging om die

ras se ideale te verwesenlik. Die effektiewe funksionering

van klubs en studiegroepe met aktiewe deelname deur

so veel as moontlik telers sal ’n reuse bydrae lewer in

die daarstel van doelwitte, effektiewe kommunikasie,

sigbaarheid en die doelgerigte promovering van die ras

op grondvlak – daar waar ons eintlike teikenmark, die

kommersiële boer is.

2014 – 50 Jaar oud

In 2014 sal hierdie Genootskap die voorreg hê om sy

vyftigste bestaansjaar te vier. Daar is al reeds begin met

die beplanning van sekere geleenthede ter viering van

hierdie besondere mylpaal. Ek is daarvan oortuig dat ook

hierdie uitdaging met groot sukses hanteer sal word ter

bevordering van die Simmentaler ras, en met die gepaste

erkenning teenoor die wie ’n bydrae gelewer het tot die

uitbou en ontwikkeling van hierdie wonderlike ras.

Ter afsluiting

Identifiseer die uitdaging in die bedryf waarvoor u kans

sien. Skakel in by ’n klub of studiegroep en wees deel

van die oplossing. Bepaal wat die behoefte van ons

teikenmark is, en maak seker dat ons ’n produk gaan

voorsien wat konstant daardie behoefte bevredigend

sal aanspreek. Maak gebruik van wetenskaplik bewese

tegnieke en hulpmiddels om ekonomies relevante

uitdagings (teeldoelwitte) aan te pak. Kommunikeer

bewese feite aan die mark en lig hul in omtrent die

voordele wat hierdie moderne ekonomies relevante ras

met die roemryke geskiedenis hul bied.

Wees positief, identifiseer die uitdaging en wees deel van

die oplossing.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!