02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Simmentaler - Feed the World

Wetenskaplik | Scientific

78

Bekendstelling van die BREEDPLAN

kuddegraderingstelsel vir “voldoening aan prestasiemeting”

Thys Meyer

Ten einde die deurlopende integriteit van beraamde

teelwaardes (EBV’s) soos beraam deur BREEDPLAN te

onderhou is AGBU (Animal Genetics & Breeding Unit)

en ABRI (Agricultural Business research Institute) in

samewerking met ons eie plaaslike diensverskaffer van

Vleisbeestegnologie AGRIBSA in proses om ’n reeks

kwaliteitsversekeringsprodukte te ontwikkel. Die plaaslike

bekendstelling en implimentering van die produkte hou

ons in pas met die beste praktyke soos toegepas elders

ter wêreld in die vleisbeesbedryf.

Die eerste van die produkreeks is ’n kuddegraderingstelsel

wat die volledigheid van stamboom en prestasie inligting

soos verskaf deur die individuele teler/kudde meet.

Die kuddegraderingstelsel vir voldoening aan prestasiemeting

bestaan uit twee komponente:-

1. ’n Jaarlikse verspreiding van voldoening aan prestasiemeting

verslae aan elke individuele teler wat

deelneem aan Breedplan prestasietoetsing.

2. Die toekenning van ’n voldoening aan prestasiemeting

stergradering vir elke individuele teler wat

deelneem aan Breedplan prestasietoetsing.

Die kuddegraderingstelsel vir voldoening aan

prestasiemeting (“completeness of Performance

recording”) se verslae sal elektronies beskikbaar

wees op die ras se Breedplan webwerf as deel van die

datalêers wat afgelaai kan word deur die teler. Die data

sal ’n opsomming weergee van die data wat die teler aan

Breedplan verskaf het. ’n Aantal statistiese parameters

sal ook verskaf word insluitende detail rakende

stamboom, gewigte, karkas(skandeer)data, geboorteen

vrugbaarheidsdata wat deur die teler verskaf is. Telers

wat nie elektroniese toegang tot die data kan verkry nie

sal gedrukte kopieë vanaf Breedplan via die Genootskap

kan aanvra.

Die kuddegraderingstelsel se verslae het onder

andere ten doel om telers in staat te stel om op ’n

roetinebasis na te gaan of die prestasie data wat deur

hulle versamel is in die Breedplan stelsel opgeneem

is. Die kuddegraderingstelsel sal verdermeer ’n

belangrike rol vervul om areas te identifiseer waarin

addisonele prestasiedata versamel en ingedien kan word

ten einde die teler behulpsaam te wees in sy/haar strewe

na meer volledige prestasietoetsing. ’n Sleutelfaktor

tot EBV akkuraatheid is die hoeveelheid prestasiedata

opgeneem; die verslae sal telers in staat stel om die

volledigheid van hul prestasietoetsing te evalueer.

Die stergraderingstelsel word gebaseer op die

persentasie van kalwers gebore in die kudde binne ’n

gegewe 5 jaar tydsgleuf wat prestasiedata beskikbaar

het vir die verskillende eienskappe. Elke kudde ontvang

’n stergradering op ’n elfpuntskaal van 0 tot 5 (insluitende

halwe sterre) gebaseer op die volledigheid van hulle

prestasiedata. Kuddes met ’n vyfstergradering word

as goue-standaard kuddes erken en word beskou as

kuddes met volledige prestasiedata vir alle eienskappe

waarvoor EBV’s vir die ras beskikbaar is.

Breedplan stel in die vooruitsig dat die stergradering van

’n teler vertoon sal word op sy teler se lidnavraagskerm

sowel as verslae wat vir die teler gepubliseer word.

Besoekers op die web sal verder die keuse kan uitoefen

om in hul soektog na spesifieke diere ’n perk te plaas tot

diere uit kuddes wat aan ’n gekose vlak van volledigheid

aan prestasiemeting voldoen.

Alhoewel EBV akkuraatheid in die eerste instansie ’n

aanduiding is van die betroubaarheid van ’n dier se EBV,

verskaf die kuddegraderingstelsel vir voldoening aan

prestasiemeting aan beide die telersgenootskap en

aan die kommersiële produsent ’n objektiewe meting van

die hoeveelheid prestasiedata wat ’n teler verskaf aan

Breedplan tydens navraag na die EBV’s van ’n spesifieke

dier binne die kudde ter sprake.

Die Genootskap het in noue samewerking met Breedplan

die relatiewe gewig uit ’n totaal van 200 moontlike punte

vir elk van die prestasiedata elemente vir elke ras as volg

toegeken:-

Eienskap Simmentaler Simbra

Geboortedatum 10 10

Vaar 10 10

Moeder 10 10

Geslagsverhouding 5 5

Ontvanger koei 5 5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!