02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Suksesvolle beginnerskursus

aangebied te Middelburg Hoërskool (Mphumalanga)

Willie O’Brien

12 & 13 April 2012 was weereens ’n groot geleentheid vir die landbou leerlinge van die

Hoërskool Middelburg toe die Simmentaler beginnerkursus by die skool se proefplaas

aangebied is.

Vanjaar was daar ’n beduidende belangstelling van die

plaaslike boeregemeenskap en ook vanuit die Bosveld

(Baltimore omgewing). Nie minder nie as 11 opkomende

boere van so ver as Hendrina, Delmas, Standerton en

Witbank het ook die kursus bygewoon.

Die groep het bestaan uit 42 studente waarvan 5 met

A-simbole en 36 met B-simbole geslaag het.

Die studente het die twee dae van hoofsaaklik praktiese

werk met die beeste baie geniet en net met lof gepraat

van hoe leersaam dit was. ’n Paar van die Wensim

Simmentaler diere was as demonstrasie-diere by die

skoolplaas gebruik en die meeste van die tyd was die

studente besig met praktiese beoordeling by Stefaans

Botha (Jors Simmentalers).

Ian Currin, Willem Volschenk en Willie O’Brien het as

kursusleiers ook met lof gepraat van die hoë standaard

van beoordelaarsbesprekings van die studente se kant.

Sommige van die studente het met soveel selfvertroue en

akkuraatheid die besprekings gedoen, dat ’n mens byna

kon sê dat hulle ou beoordelaars is.

Hierdie is een van die pogings van die Simmentaler en

Simbra telersgenootskap, met die ondersteuning van

Prosim studiegroep, om die rasse bekend te stel en

ook die landbou gemeenskap te dien met praktiese

opleiding.

Stiaan, Dean en Renier van Middelburg Hoërskool

besig met praktiese beoordeling

173

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!