02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Simmentaler - Feed the World

Internasionale Publisiteit | International Hybe

34

3 Strydosse in Simmentaler-teelkringe:

Terugslae stuit Adelheid nie in teling nie

Teëspoed het nie vir Adelheid Giess en haar man, wyle

Kurt, ondergekry nie. Vandaar dan ook die stoetnaam

Dennoch vir hul Simmentaler-kudde. Dit beteken in

Afrikaans “nogtans”. Die Giesse se kennismaking met

dié ras was in 1951.

Adelheid praat uit jare se ervaring as sy sê opkomende

telers moet die pad saam met nuwe tegnologie en

ontwikkeling stap, maar nie die basis van persoonlike

sorg agterweë laat nie.

Sy onthou die erge droogtejare van die laat vyftigs toe

haar man met die hele Simmentaler-stoetkudde vir ses

jaar na noodweiding op huurgrond moes trek. Die skape

moes verkoop word. “Dit was hierdie jare waaraan ek

ons prestasies met die Simmentaler meet. Maar ek moet

bysê, dit is ’n baie taai ras wat stres goed kan deurstaan

sonder noemenswaardige verliese.”

Soos wysheid met die jare kom, vertel Adelheid elke plan

en onderneming het êrens sy begin, sy sin en sy wortels

in die wil om te oorleef. “Prestasie en verantwoordelikheid

word van geslag na geslag oorgedra. Uiteindelik hang

sukses af van hoe ’n erflating bestuur en hanteer word,

hoeveel liefde en aandag daaraan bestee word en die

uithouvermoë in moeilike tye.”

Adelheid en haar man het in 1951 op die plaas

Donnersberg begin boer waar die Wit en Swart Nossob

mekaar ontmoet. Hulle het die grond saam met beeste

en skape by wyle Julius Nickl gehuur op voorwaarde

dat slegs dubbel A-gekeurde Simmentaler-bulle in die

beeskudde van ook tipiese Simmentaler-koeie en -verse

gebruik word. Julius het die plaas geërf van wyle Kurt

Werner, wat toe reeds die voordele van die Simmentalerras

besef het en bulle en teeldiere by die Voigtland Stoet

gekoop het.

In 1952 is Julius oorlede en volgens die huurooreenkoms

kon die Giesse die beeskudde uit die boedel koop.

“Ons buurman, Richard von Nessen, het toe reeds ’n

Simmentaler-stoet gehad uit ’n bul wat hy van Duitsland

af ingevoer het. Hy het ons aangemoedig om jaarliks

Vir haar bly die Simmentaler op 87 jaar ’n passie. Adelheid Giess hier by Simmentaler-speenkalwers

op Breitenburg, waar sy en haar man eers geboer het en haar seun, Harald, nou boer.

keuring te laat doen om onder die bestaande koeie en

verse geskikte stoetteelmateriaal uit te soek. In 1964 het

ons, ons Nogtans Stoet by die nuut gestigte Simmentaler

Telersvereniging geregistreer met die registrasiemerk G.”

Die Giesse het in 1957 hul eie plaas, Breitenberg,

gekoop. Van 1964 tot 1973 het hulle by drie geleenthede

Simmentaler-stoetbulle uit Suid-Duitsland, Schwaben en

Bayern ingevoer. Ander stoetbulle is by verskeie telers

in die land gekoop. “Ons het nooit vroulike stoetdiere

gekoop nie. Die vroulike stoetkudde bestaan slegs uit

nasate van die diere wat ons by Julius oorgeneem het.

So het ons jaar ná jaar streng geselekteer vir die beste

diere. Seleksie was dan ook die belangrikste doelwit

in ons teelprogram. Leemtes is vinnig gevul deur die

goeie eienskappe van die Simmentaler, naamlik hoë

vrugbaarheid, goeie moedereienskappe soos baie

melk en sorgsaamheid, maar ook die Simmentaler se

waaksaamheid in die veld om roofdiere te ontwyk. Ons

het diere van medium grootte bevoordeel.”

Adelheid vertel toe haar man in 1995 oorlede is, het

sy die plaas en die stoet oorgeneem en dit bestuur.

Dit was weer eens kwaai droogtejare en daar was nie

moontlikhede om weiding te huur nie. ’n Beperkte

voerrantsoen het die Simmentalers aan die lewe gehou.

In die begin van 1999 het Adelheid se seun, Harald, en

sy vrou Gisela die plaas oorgeneem. Hy het, om by die

tye aan te pas, veral op vleisproduksie en bulverkope

gekonsentreer. Harald bedryf steeds die stoet suksesvol

op die stewige basis wat sy ouers gelê het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!